
Taaldinge
759 episodes — Page 11 of 16

11 Dec
'n Luisteraar vra waar kom “koeken kloe” (cooking clue) vandaan. En word vêr nou met 'n kappie of sonder 'n kappie geskryf?

4 Dec
Die bestuurshoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, dr. Dione Prinsloo, vertel vir Ina Strydom meer oor die Jan H. Maraisprys vir uitsonderlike prestasie in Afrikaans en ander projekte; en die werk van Afrikaans.com se veldtogwenners word voorgelees.

27 Nov
Waar kom die werkwoord in 'n sin? En wat is die verskil in betekenis tussen skadeloos en skadelik?

20 Nov
Die woord HET is een van die woorde wat die meeste in Afrikaans voorkom, maar dit het vele geheime. Prof. Jac Conradie van die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg vertel vir Ina Strydom waarom HET 'n besondere plek in die taal inneem.

13 Nov
Magdaleen Krüger kyk na die "wrap" en "rap" in kos en musiek.

6 Nov
Die skeppende direkteur van die reklame-agentskap Blink Stefanus, Stefanus Nel, praat oor Afrikaans in die reklamebedryf.

30 Oct
Wat beteken die 'heinde' in heinde en verre, en hoekom praat ons van katarakke as katarak se betekenis eintlik niks met oë te doen het nie.

23 Oct
Ina Strydom praat met prof. Ilse Feinauer van die Universiteit van Stellenbosch oor maniere wat hulle bedink het om veral honneursstudente na die Departement Afrikaans te lok.

16 Oct
Daar word gepraat oor die dubbelpunt en kappie, waar die woord BAKKIE vandaan kom en waar die uitdrukking PANTOFFELREGERING sy oorsprong het.

9 Oct 2016
Die voorsitter van die Taalkommissie, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel meer oor die pylvakfase van die AWS se eeufeesuitgawe. En die ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad, Hendrik Theys, vertel vir Ina Strydom van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans wat pas gestig is.

9 Oct 2016
Die voorsitter van die Taalkommissie, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel meer oor die pylvakfase van die AWS se eeufeesuitgawe. En die ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad, Hendrik Theys, vertel vir Ina Strydom van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans wat pas gestig is.

2 Oct 2016
Karien Brits van die ATKV vertel meer oor 'n Moedertaalfees. Daar word ook gefokus op 'n omkeerstrategie vir die verbetering van onderwysgeleenthede vir gehoorgestremdes, en pogings om gebaretaal as amptelike taal verklaar te kry.

25 Sep 2016
Prof. Hein Willemse vertel aan Ina Strydom hoe NP van Wyk Louw deur Adam Small se oë lyk.

18 Sep 2016
Waar kom die benaming petrolkop en die uitdrukking gekonfyt wees in iets vandaan?

11 Sep 2016
Ina Strydom praat met die taalpraktisyn Tom McLachlan oor 'n paar taalgoggas wat gereeld gesien en gehoor word.

4 Sep 2016
Magdaleen Krüger kyk na die bemarking van Afrikaans as 'n handelsmerk.

28 Aug 2016
Die woorde van die week is jok en kwaadgeld, en Gerhard van Huyssteen van Viva vertel van 'n werksessie oor Afrikaans-grammatika wat gehou is.

21 Aug 2016
Babataal en Motherese word bespreek. Watter invloed het hierdie twee 'tale' op 'n kind se taalontwikkeling?

14 Aug 2016
Prof. Ernst Kotze praat oor taal en geregtigheid in die hof; die Julie-wenners van Varsgebek word bekendgemaak en die oorsprong van domkrag word bespreek.

7 Aug 2016
Wanneer verwys jy na persone en wanneer na mense? En waar kom die woord hovaardig vandaan?

31 Jul 2016
Dr. Donovan Lawrence van die Department Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg praat oor die rol van die Afrikaans-onderwyser in die uitbou van 'n inklusiewe taalerfenis. Die woord van die week is harlaboerla.

24 Jul 2016
Taalnavrae word hanteer, onder meer oor stent, kiosk en die Vatikaan.

17 Jul 2016
'n Russiese uitruilsudent vertel van haar jaar op die NWU se Potchefstroomkampus. 'n Beskermvrou van Afrikaans.com, prof. Debra Meyer, praat oor die rol van Afrikaans in haar lewe. En in Woord van die Week word die verband tussen argitek en aartsbiskop verduidelik.

10 Jul 2016
Jou kuite styf trek en iemand kook nie sag nie wen Varsgebek. Sandton kan op Engels of Afrikaans uitgespreek word, en die woorde van die week gaan oor paddas.

3 Jul 2016
Prof. Frank Hendricks van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die UWK praat oor die erkenning van taalvariëteite in Afrikaans. Die woord van die week is pollevink.

26 Jun 2016
Waar staan die werkwoord in 'n sin? En vind meer uit oor die herkoms van die woorde hanswors, nar en paljas.

19 Jun 2016
Magdaleen Krüger, RSG se bestuurder, praat oor die gebruik van Afrikaans op RSG.

12 Jun 2016
Gerhard van Huyssteen vertel vir Ina Strydom van die inskrywings wat reeds by Varsgebek ontvang is en hoe die naam van die inisiatief tot stand gekom het. Die woorde van die week is kiekie, hertzoggie en konkoksie.

5 Jun 2016
Ina Strydom praat met prof. Marne Pienaaar oor migrante-kinders wat Afrikaans leer. En kom vind uit wat die verband is tussen blikskottel, weerlig en die huwelik.

29 May 2016
Taalnavrae word hanteer, onder meer oor waar die woord kattebak vandaan kom, die Afrikaans vir road trip en wat beteken om 'n uit te tap en uile na Athene te bring.

22 May 2016
Is 'n aanspreekvorm soos "u" nog relevant en word dit nog gebruik? En oom en tannie? Ina Strydom het prof. Annel Otto en dr. Nerina Bosman hieroor uitgevra. Die woorde van die week is hamburger en pavlowa.

15 May 2016
Hoekom het doopseel nie 'n deelteken nie, maar seël wel?

8 May 2016
Ina Strydom kyk na gebaretaal en die leemtes wat op die gebied in die land bestaan. Die woord van die week is kaiings.

1 May 2016
Magdaleen Krüger praat oor die bygewerkte stylgids, die stunningness van Afrikaans en 'n toep waarmee jy 'n taal kan aanleer. Die woorde van die week is skilpadjie en pofaddertjie.

24 Apr 2016
Die bekende woordeboekmaker prof. Rufus Gouws praat oor 'n woordeboekkultuur; en die woorde van die week is betroubaar en vertroubaar.

17 Apr 2016
Hoe hou pruikmakermooi en skoonma met mekaar verband? Dr. Willem Botha van die WAT bring die kloutjie by die oor. En die voorsitter van die Taalkommissie, prof. Gerhard van Huyssteen, vertel hoe trappe van vergelyking 'n staanplek kry in die nuwe AWS.

10 Apr 2016
Dr. Michael le Cordeur en prof. Wannie Carstens is die redakteurs van 'n boek oor die bydrae van bruin Afrikaanssprekendes tot die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans. Hulle vertel meer oor die boek en sy oogmerke. En die oorsprong van woorde soos fliek en briek word in die Woord van die Week bespreek.

3 Apr 2016
Wat is die verskil is tussen moraal en moreel? En wat is 'n goeie Afrikaanse woord vir bedside manners?

3 Apr 2016
Wat is die verskil is tussen moraal en moreel? En wat is 'n goeie Afrikaanse woord vir bedside manners?

3 Apr 2016
Hoekom spreek ons 'n as "u" of "h" uit? Waar kom die woord "gogga" vandaan?

27 Mar 2016
Ina Strydom vind uit hoe meertaligheid bevorder kan word.

20 Mar 2016
Taalnavrae word hanteer, onder meer oor gambiet, skrikkeljaar, eens en weer eens.

13 Mar 2016
Ina Strydom praat met die projekbestuurder van die Afrikaanse Taalraad, Ria Olivier, oor die belangrikheid van meertaligheid in die land.

6 Mar 2016
'n Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees in Stellenbosch. Magdaleen Kruger praat met kenners oor die herstandardisering van Afrikaans.

28 Feb 2016
Dr. Donovan Lawrence van die Universiteit van Johannesburg se departement van Afrikaans vertel vir Ina Strydom van mobiele lees, en hoe die verskynsel leerders kan aanmoedig om meer te lees.

21 Feb 2016
Wat is die verskil is tussen moraal en moreel? En wat is 'n goeie Afrikaanse woord vir bedside manners?

14 Feb 2016
Prof. Bertus van Rooy van die NWU se Vaaldriehoekkampus praat met Ina Strydom oor hoe en hoekom nuwe woorde gevorm word. Woorde soos gegoogle; sms en banting word as voorbeelde bespreek.

7 Feb 2016
Magdaleen Krüger gesels oor gholfterme in Afrikaans. Die woorde van die week is ondeund en oogpister.

31 Jan 2016
Die voorsitter van die Taalkommissie, prof. Gerhard van Huyssteen vertel meer oor woorde wat tydens die pasafgelope sitting in die Woordelys en Spelreëls opgeneem is. Dit sluit woorde soos poenankies en falafel in. En die woorde van die week is onbesuis en onbeholpe.

24 Jan
Ons gesels oor Afrikaans se prestasie in die ruimte, oor 'n skarawindjie en ons hoor of 'n mens hol, hardloop of nael…of dalk iets heel anders?