
Kortom
604 episodes — Page 3 of 13

Kortom 26 November 2024
Skrywer Jelleke Wierenga vertel in haar kortverhaal, DOMIEE, hoe lank die staaldop van ‘n geestelike leier kan sterk staan, voor die menslikheid begin deurslaan. Pietie Beyers is die voorleser wat hierdie leier se binneste laat lewe kry.

Kortom 19 November 2024
Ons ontsluit die misterie van die Ossewa Brandwag-spioen, Robey Leibrandt. Dit kom uit ware verhale van die Namakwaland wat deur Gert Sarrisam geskryf is. Die titel van die boek is, AS MURASIES KON PRAAT. Die voorleser van die tweede en laaste deel van OUPA SE VREEMDE BESOEKER is Richard van der Westhuizen, wat op Springbok grootgeword en Robey Leibrandt geken het. Leibrandt het ‘n slaghuis bedryf, en was huisvriende met Richard se pa.

Kortom 12 November 2024
Hoeveel is jy bereid om te betaal wanneer ‘n familielid gyselaar gehou word? Skrywer Francois Bloemhof stel hierdie vraag in sy kortverhaal, KLEINGELD VIR OOM KENNY. Kevin Smith is die voorleser.

Kortom 5 November 2024
Ons ontsluit die misterie van die Ossewa Brandwag-spioen, Robey Leibrandt. Dit kom uit ware verhale van die Namakwaland wat deur Gert Sarrisam geskryf is. Die titel van die boek is, AS MURASIES KON PRAAT. Die voorleser van die eerste deel van OUPA SE VREEMDE BESOEKER is Richard van der Westhuizen, wat op Springbok grootgeword en Robey Leibrandt geken het. Leibrandt het ‘n slaghuis bedryf, en was huisvriende met Richard se pa.

Kortom 29 Oktober 2024
Ons lê besoek af saam met die skrywer, Tarina Jordaan, by Siena du Toit, die geheimsinnige hoofkarakter van Tarina se kortverhaal, WAAR DIE WIND WAAI. Siena het ‘n baie groot geheim, wat ontbloot moet word. Ria Smit is die voorleser, wat ons op die vleuels van die wind vat om dié besonderse karakter van binne af te leer ken.

Kortom 22 Oktober 2024
Frieda van den Heever lees Jelleke Wiereng se kortverhaal, JESUS MIN MY SALIG LOT.

Kortom 15 Oktober 2024
Anton Dekker lees Helm Jooste se kortverhaal, MY GROOT AAND.

Kortom 8 Oktober 2024
Frieda van den Heever lees Naomi Meyer se kortverhaal, HITTE.

Kortom 1 Oktober 2024
Charlie Bouguenon lees Helm Jooste se kortverhaal, NA SUIDWES.

Kortom 24 September 2024
Frieda van den Heever lees Jaco Fouche se kortverhaal, GUNS.

Kortom 17 September 2024
Pedro Camara lees Antoinette Diedericks se kortverhaal, 7 DAE, 'n aangrypende verhaal van ‘n seevaarder en sy liefde vir die see.

Kortom 10 September 2024
Frieda van den Heever lees Magda Brink se kortverhaal, Kaapstad.

Kortom 3 September 2024
Pedro Camara lees Bianca du Plessis se kortverhaal, TAMATIEBREDIE. Ontvries Chris die laaste maal wat sy vrou gemaak het, of nie?

Kortom 27 Augustus 2024
Richard van der Westhuizen lees Gert Sarrisam se kortverhaal, MY OUPA DIE TANDEMEKENIEK.

Kortom 13 Augustus 2024
Richard van der Westhuizen lees Gert Sarrisam se kortverhaal, DIE HAAN.

Kortom 30 Julie 2024
Richard van der Westhuizen lees Gert Sarrisam se kortverhaal, DIE VREEMDE TJEK.

Kortom 23 Julie 2024
Ansu van der Sluys lees Elma Potgieter se kortverhaal, EERSTE SALUUT.

Kortom 16 Julie 2024
Anrich Herbst lees Stephen Nell se kortverhaal, MADIBA HELP WEER.

Kortom 9 Julie 2024
Denver Vraagom lees Chris van Wyk se kortverhaal, DIE WAG IS VERBY.

Kortom 2 Julie 2024
Ons kuier op die vooraand van Namakwaland se blommeseisoen, in die skryfwêreld van Gert Sarrisam. Richard van der Westhuizen lees sy kortverhaal, HAKKIE LEER ‘N DUUR LES. Dit kom uit AS MURASIES KON PRAAT - WARE VERHALE UIT NAMAKWALAND.

Kortom 25 Junie 2024
Ansu van der Sluys lees Elma Potgieter se kortverhaal, DIE BESLUIT.

Kortom 18 Junie 2024
Frieda van der Linde lees voor uit Jopie Coetzee se boek, AANGERAAK IN DIE MAALSTROOM VAN DIE PAASGEBEURE.

Kortom 11 Junie 2024
Denver Vraagom lees Chris van Wyk se kortverhaal, SNAKES AND LADDERS VIR KRISMIS. Dit kom uit die bundel, Daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê.

Kortom 4 Junie 2024
Ilne Fourie lees haar kortverhaal, BERNINA SE BOORDJIE, voor.

Kortom 28 Mei 2024
Ilne Fourie lees haar kortverhaal, DIE DAG TOE IRIS OPGESTYG HET, voor.

Kortom 21 Mei 2024
Ilne Fourie lees LOLITA SE TANGO, wat sy spesiaal vir RSG geskryf het. Regisseur Johan Rademan reken dit is so iets tussen PG du Plessis se Koöperasiestories en Hennie Aucamp se Hartseerwals.

Kortom 14 Mei 2024
Ilne Fourie lees een van haar ongepubliseerde werke, DIE STORIE VAN SOMME, voor.

Kortom 7 Mei 2024
Die bekroonde dramaturg en aktrise, Ilne Fourie, lees haar storie, MY NEFIE ALFIE, voor. Sy skets die plattelandse mense kostelik, maar ook in absurde situasies. Dalk herken jy jouself!

Kortom 30 April 2024
Die program raak aan 30 jaar se demokrasie, en handel oor die die tydsgewrig waarin mense geleef het. Koos Kombuis begin met BOER IN BETON, wat reeds in 1987 opgeneem is, neem dan terugskouend afskeid van Johnny, die legendariese klavierspeler op Matjiesfontein, en bevraagteken of hy sy hart wat hy vir Hillbrow gegee het, moet terugvat met Kerkorrel se GEE JOU HART VIR HILLBROW. Die stories, DIE TUISKOMS en EK HET MY HART VIR HILLBROW GEGEE... NOU WAT?, kom uit Ver in die wereld Sushi, ‘n versamelbundel van Koos Kombuis wat in 2015 uitgegee is. Die voorleser is Anrich Herbst.

Kortom 23 April 2024
Nic de Jager lees twee verhale van Cas Wepener en Hennie van Deventer voor. Cas het dit oor ‘n plaasromanse en begraafplaas, en ons hou kameelsensus saam met Hennie.

Kortom 16 April 2024
Ons eet ‘n stukkie melktert en ‘n eier-en-mayonnaise-toebroodjie. Dis die twee kortverhale van Marius Crous en Andries Bezuidenhoudt. Die kelner wat dit bedien, is Anrich Herbst.

Kortom 9 April 2024
Frieda van den Heever lees Lien Botha se kortverhaal, VELD, en GRONDPAAIE van Réney Warrington. Dit kom uit HIERDIE LAND: DAAR IS IETS AAN SUID-AFRIKA - 56 SKRYWERS VERTEL.

Kortom 2 April 2024
Anrich Herbst lees POTTEBAKKER – BLOEDGELD voor uit Jopie Coetzee se Paasfeesroman, Aangeraak. Hoor hoe slim Jopie ou waardes nuut maak, en binne ‘n modern konteks oorvertel.

Kortom 29 Maart 2024
Johan Rademan kyk na die verskillende weergawes van die dissipels oor Jesus se kruisdood soos opgeteken in die Evangelies. ’n Uitsonderlike moderne uitbeelding van die vrou wat Jesus se voete gewas het, kom uit Jopie Coetzee se Paasroman, Aangeraak. Nic de Jager lees dit voor.

Kortom 26 Maart 2024
Nic de Jager lees Johan Rossouw en Julio Agrella se verhale voor uit die boek, HIERDIE LAND: DAAR IS IETS AAN SUID-AFRIKA – 56 SKRYWERS VERTEL.

Kortom 19 Maart 2024
Nic de Jager lees ‘n verhaal van Daniel Hugo voor, waarin sy Namibiese wortels herontdek word saam met die ander Hugo-worteltjies. Nic lees ook Tom Dreyer se LAND VAN SWERWERS voor. Dit kom uit die boek, HIERDIE LAND: DAAR IS IETS AAN SUID-AFRIKA – 56 SKRYWERS VERTEL.

Kortom 12 Maart 2024
Frieda van den Heever lees IN ‘N OOGWINK deur Ena Jansen en KOORSDROOM deur Marida Fitzpatrick voor uit die boek, HIERDIE LAND – DAAR IS IETS AAN SUID-AFRIKA: 56 SKRYWERS VERTEL.

Kortom 5 Maart 2024
Frieda van den Heever lees Michele Meyer se kortverhaal, PER PAD, en Ansil Kulsen se MY LAND, MY HUIS voor. Dit kom uit die boek Hierdie land: DAAR IS IETS AAN SUID-AFRIKA – 56 SKRYWERS VERTEL.

Kortom 27 Februarie 2024
Anrich Herbst lees EK IS LIEF VIR DIE KLANK VAN SUID-AFRIKA deur Riku Lätti en MY PRETORIA deur Nicol Stassen voor. Die stories is vervat in die boek, HIERDIE LAND – DAAR IS IETS AAN SUID-AFRIKA – 56 SKRYWERS VERTEL.

Kortom 20 Februarie 2024
‘n Interessante projek waarin 56 skrywers genader is om in kortverhaal-styl Suid-Afrika te verbeeld, kry beslag wanneer Anrich Herbst Jo Prins se BOLAND en AS DIE WINGERD ROEP deur Emile Joubert voorlees. Die boek se titel is HIERDIE LAND – DAAR IS IETS AAN SUID-AFRIKA – 56 SKRYWERS VERTEL.

Kortom 13 Februarie 2024
Johann Nel jaag vir oulaas spoke op. Hy lees CJ Langenhoven se spookstories, JOSEF DIE SWERWENDE JOOD en STEM UIT DIE SEE.

Kortom 06 Februarie 2024
Johann Nel lees CJ Langenhoven se spookstories, DIE SPOOK VAN VERGELEË en AFSPRAAK MET ‘N SPOOK.

Kortom 30 Januarie 2024
Johann Nel lees CJ Langenhoven se spookstories, KLEIN SWAAP EN DIE SPOOK en DIE SPORE.

Kortom 23 Januarie 2024
Johann Nel lees CJ Langenhoven se kortvehale, DIE WANDELENDE GERAAMTE en DIE TREIN-SPOOK.

Kortom 16 Januarie 2024
Johann Nel lees CJ Langenhoven se spookstories DIE TRALIES IN DIE VELD, DIE HANGENDE GEDAANTES en POLKA, DIE HOND.

Kortom 9 Januarie 2024
Johann Nel lees CJ Langenhoven se spookstories DIE WIT HOND en DIE VROU VOOR DIE HEK.

Kortom 2 Januarie 2024
Johann Nel lees CJ Langenhoven se spookstories DIE DIK MUUR en DIE SLAAPWANDELAAR.

Kortom 12 Desember 2023
Richard van der Westhuizen lees CJ Langenhoven se spookstorie, DIE SPORE.

Kortom 5 Desember 2023
Richard van der Westhuizen lees twee van sy eie stories, AGTERPAAIE en ASBLIK.

Kortom 28 November 2023
Amoré Bekker lees sy Marlene Malan se storie, DIE DOOD IS ON SSTORIE.