PLAY PODCASTS
Hoop Nogtans

Hoop Nogtans

56 episodes — Page 2 of 2

S25 Ep 6Dawid kry te doen met valse beskuldigings - Psalm 26 #2506

Die New York Post berig op 5 September 2025 oor Bryan Hooper wat na 27 jaar in die tronk vrygelaat is. Hy was in die tronk vir die moord op ‘n 77-jarige vrou in 1998. Al die tyd onskuldig. Die eintlike moordenaar, Chalaka Young was destyds die hoofgetuie teen hom. Sy het nou eers skuld beken. Dis ‘n uitsonderlike geval, maar illustreer hoe magteloos enigeen van ons voel wanneer jy valslik beskudig word van iets wat jy nie gedoen het nie. Jy moet saam leef met die openlike beskuldigings, die agteraf verdagmakery, die agterdog, geskinder, die skande, al is jy onskuldig. Dis asof jy geen manier het om jouself te verdedig nie, want mense kies wat hulle wil glo, en baie mens kies om die slegste te glo, al is daar geen bewyse teen jou nie. Dis die agtergrond van Psalm 26, waar Dawid te doen kry met valse beskuldigings teen hom. Ons leer hoe hy dit hanteer het, en leer by hom hoe om ‘n geruste hart te hê te midde van valse beskuldigings. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.26.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/

Nov 19, 202520 min

S25 Ep 5Dawid leer ons bid wanneer jy nie weet wat om te doen nie - Psalm 5 #2505

Dalk onthou jy die rolprent Cast Away, vrygestel in 2000 met Tom Hanks in die hoofrol. Hanks speel die rol van Chuck Noland wat vir FedEx werk. Noland se vliegtuig val en hy spoel uit op ‘n verlate eiland erens in die Stille Oseaan. As jy die fliek gekyk het, gaan jy onthou wie Wilson is. Wilson is ‘n volleybal wat saam met Noland uitgespoel het. In sy eensaamheid praat Noland met Wilson, die volleybal, asof hy sy vriend is. Dis amper asof hy tot Wilson bid vir hulp en wysheid. Nerens in die rolprent praat hy met God nie. Baie mense bid, maar hulle kon net sowel met ‘n volley bal praat. Hul bid tot ‘n god wat nie bestaan nie, ‘n soort god wat mense self uitgedink het. In psalm 5 kry ons ‘n kykie in Dawid se gebedslewe. Dis duidelik as ons begin lees dat Dawid van ouds heeltemal oorweldig voel deur die optrede van mense wat hom vyandig gesind is. Wat maak mens wanneer omstandighede jou weerloos laat voel, wanneer jy hooploos is? Ons is nie uitgespoel êrens op ‘n verlate strand nie. Maar dit voel vir ons soms of ons situasie net so hopeloos is. Daar is baie dinge wat vir ons moeilik is om te hanteer. Psalm verwoord die noodkreet van ‘n hart wat roep tot God: EK WEET NIE WAT OM TE DOEN NIE, HERE! En Dawid leer ons bid wanneer jy nie weet wat om te doen nie. Ek nooi jou om saam met my dieper te delf in Psalm 5. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.5.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp

Nov 19, 202531 min

S25 Ep 4Dawid het die swaarkry kant van die lewe geken - Psalm 16 #2504

Dawid het die swaarkry kant van die lewe geken. Praat van tragedie, teleurstelling, trauma, trane en teenspoed. Hy het dit alles geken. Vir jare moes hy vlug vir koning Saul wat hom met ‘n passie gehaat het en met alle geweld wou dood maak. Later in sy lewe, toe hy self koning was, moes hy vlug voor sy seun Absalom wat hom onttroon as koning en hom uit die weg wil hê. Dawid het die geheim geken om nie bekommerd te wees oor die baie dinge waaroor mense hul so bekommer nie. Dawid het geleer om sy sekuriteit by God te vind. Hy verduidelik vir ons in Psalm 16. Met God as die middelpunt van jou lewe val alles in plek. Met God as middelpunt van jou lewe het jy ‘n onbeskryflike gerustheid oor jou lewe hier en nou en onbeskryflike gerustheid oor die dood en die lewe na die dood. Ek deel graag ‘n paar gedagtes met jou. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.16.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/

Nov 19, 202530 min

S25 Ep 3Dawid in 'n dorre woestyn - Psalm 63 #2503

n Paar jaar gelede het ek die geleentheid gehad om ‘n paar dae in die Australiese Outback deur te bring in die omgewing van Uluru, ‘n massiewe rooi sandsteenformasie 348 meter hoog en ‘n omtrek van 9.4 kilometer. Die dag toe ons daar kom, sê die toerleier daar is iets wat julle moet weet. Vergeet van gevaarlike slange. Die kans dat jy deur ‘n slang gepik gaan word, is gering. Daar is ‘n groter gevaar. Dehidrasie. Ontwatering. Dehidrasie maak baie meer mense dood as slangbyte. Hy het seker gemaak ons het elkeen ten minste drie liter water by ons te alle tye. Nie sonder rede nie, want dit word ontsettend warm. As ek psalm 63 lees, dan sien ek in my geestesoog vir Dawid by Uluru, in die dorre Judese woestyn met sy verskroeiende hitte, sonder water. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.63.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/

Nov 18, 202519 min

S25 Ep 2Gee jou kommer oor aan die HERE - Psalm 55_23 #2502

Bondi Beach in Sydney is een van Australië se mees gewilde strande, en ‘n TV program oor hul lewensredders wek wêreldwye waardering vir hulle. Nie sonder rede nie. In hul jaarverslag vir 2023-2024 word genoem dat hulle 377 lewens gered het in daardie jaar. Een van die grootste probleme waarmee lewensredders te doen kry, is wanneer iemand so spartel en spook dat hulle die lewensredder se veiligheid in gevaar stel. Daar is ‘n punt waar die drenkeling moet oorgee en toelaat dat hul na veiligheid gebring word. Jy moet erken jy het hulp nodig, en jy moet daardie hulp aanvaar. Daar kom ‘n punt in jou lewe dat jy moet oorgee aan die Here om jou te help. Hou op spook en spartel om jouself te red. Psalm 55:23 Gee jou kommer oor aan die HERE. Hy sal vir jou sorg. Hy sal gelowiges nie teleurstel nie. Hierdie vers is ingebed in ‘n klaaglied (lament), ‘n lied oor die digter se diepste seer. ‘n Klaaglied is ‘n intense lied oor emosionele pyn, oor iemand se worsteling met God, veral omdat die persoon voel dat God hulle nie wil help nie en God hulle teleurgestel het. Dis deurdat die persoon deur die klaaglied worstel dat hulle by die punt van oorgawe aan God kom, die punt waar die drenkeling oorgee om gered te word. Hoe eerliker jy is met God oor jou innerlike seer, hoe ontvankliker is jy vir Sy hulp. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.55.23.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/

Nov 18, 202525 min

S25 Ep 1Die domste dinge wat Dawid ooit gedoen het - Psalm 34 #2501

Ons almal het seker een of ander storie oor ‘n dom ding wat ons gedoen het. Soms is dit humoristies. Soms met verreikende gevolge. Psalm 34 is een van die mees inspirerende psalms in die Bybel. Maar dis gebore uit een van die domste dinge wat Dawid ooit gedoen het. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.34.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ 2501

Nov 18, 202525 min