PLAY PODCASTS
Dawid leer ons bid wanneer jy nie weet wat om te doen nie - Psalm 5  #2505
Season 25 · Episode 5

Dawid leer ons bid wanneer jy nie weet wat om te doen nie - Psalm 5 #2505

Hoop Nogtans · Francois Bredenkamp

November 19, 202531m 40s

Audio is streamed directly from the publisher (content.rss.com) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.

Show Notes

Dalk onthou jy die rolprent Cast Away, vrygestel in 2000 met Tom Hanks in die hoofrol. Hanks speel die rol van Chuck Noland wat vir FedEx werk. Noland se vliegtuig val en hy spoel uit op ‘n verlate eiland erens in die Stille Oseaan. As jy die fliek gekyk het, gaan jy onthou wie Wilson is. Wilson is ‘n volleybal wat saam met Noland uitgespoel het. In sy eensaamheid praat Noland met Wilson, die volleybal, asof hy sy vriend is. Dis amper asof hy tot Wilson bid vir hulp en wysheid. Nerens in die rolprent praat hy met God nie. Baie mense bid, maar hulle kon net sowel met ‘n volley bal praat. Hul bid tot ‘n god wat nie bestaan nie, ‘n soort god wat mense self uitgedink het. In psalm 5 kry ons ‘n kykie in Dawid se gebedslewe. Dis duidelik as ons begin lees dat Dawid van ouds heeltemal oorweldig voel deur die optrede van mense wat hom vyandig gesind is. Wat maak mens wanneer omstandighede jou weerloos laat voel, wanneer jy hooploos is? Ons is nie uitgespoel êrens op ‘n verlate strand nie. Maar dit voel vir ons soms of ons situasie net so hopeloos is. Daar is baie dinge wat vir ons moeilik is om te hanteer. Psalm verwoord die noodkreet van ‘n hart wat roep tot God: EK WEET NIE WAT OM TE DOEN NIE, HERE! En Dawid leer ons bid wanneer jy nie weet wat om te doen nie. Ek nooi jou om saam met my dieper te delf in Psalm 5. - https://www.bible.com/bible/6/PSA.5.AFR83 - https://www.facebook.com/francois.bredenkamp