PLAY PODCASTS

Show overview

Hoop Nogtans launched in 2025 and has put out 50 episodes in the time since. That works out to roughly 20 hours of audio in total. Releases follow a weekly cadence, with the show now in its 26th season.

Episodes typically run twenty to thirty-five minutes — most land between 23 min and 29 min — and the run-time is fairly consistent across the catalogue. None of the episodes are flagged explicit by the publisher. It is catalogued as a EN-language Religion & Spirituality show.

The show is actively publishing — the most recent episode landed 2 weeks ago, with 29 episodes already out so far this year. Published by Francois Bredenkamp.

Episodes
50
Running
2025–2026 · 1y
Median length
25 min
Cadence
Weekly

From the publisher

Hoop Nogtans bediening deur Francois Bredenkamphttps://www.facebook.com/francois.bredenkamp/https://www.youtube.com/@HoopNogtans

Latest Episodes

View all 50 episodes

Christus het jou vrygemaak – bly daarom vry!

Aug 14, 202632 min

Paulus se woorde

Aug 14, 202631 min

DIE KRUIS IS GENOEG!

Jul 26, 202624 min

Moenie iets probeer byvoeg by dit wat Jesus klaar gedoen het nie

Jul 26, 202634 min

God verwelkom jou!

Jul 7, 202628 min

Alles wat verkeerd is in my lewe kan reggestel word

Jul 7, 202626 min

Maak saak waar dit die meeste saak maak

Jun 27, 202633 min

Ons kan nie God se weë altyd verstaan nie

Jun 27, 202626 min

Die onveranderlike getrouheid van God

Jun 20, 202625 min

Ons het ‘n Redder nodig

Jun 1, 202619 min

Hoe lyk die fondasie

Jun 1, 202625 min

So maklik mislei

May 22, 202626 min

Jy hoef nie bang te wees vir die dood nie

May 22, 202624 min

God meet nie jou bruikbaarheid volgens jou ouderdom nie

May 8, 202626 min

God se antwoord vir jou hooploosheid

Apr 27, 202636 min

God se plan met jou is groter as jou verlede!

Apr 23, 202632 min

‘n Moet-lees-gedeelte vir enigeen wat eensaam, angstig en vreesbevange is

Apr 23, 202622 min

Die Opstanding van Jesus

Apr 23, 202625 min

S26 Ep 10Dawid vra om nuutgemaak te word

Die kerkvader Augustinus het as jongman sy rug op die Christelike geloof gedraai en homself oorgegee aan ‘n sondige lewenstyl. Hy kom kragdadig tot bekering, en sy hele lewe verander. Hy keer terug na sy tuisdorp in Noord-Afrika, en een van sy vorige meisies roep uit, “Augustinus! Dit is ek!” Hy draai na haar en antwoord, “Maar dit is nie ek nie!” Met ander woorde, hierdie man is ‘n nuwe mens. Toe ek Jesus as Verlosser ontmoet het, het alles verander. God het my nuutgemaak.As ons die tweede deel van psalm 51 lees, dan sien ons dat Dawid se grootste begeerte is dat God hom totaal en al sal verander; hy vra om nuutgemaak te word.12Skep vir my ’n rein hart, o God.As Dawid vra vir ‘n nuwe hart, dan bedoel hy die mens wat hy regtig is, sy diepste wese, moet nuutgemaak word.Hy is baie dankbaar vir die vergifnis van sy sonde, en hy wil nie terugval in sonde nie. Hy bid om ‘n innerlike transformasie. Ek deel graag ‘n paar gedagtes hieroor.

Mar 29, 202630 min

S26 Ep 9God wil keer dat jou lewe uitmekaar rafel

Ek onthou die dag nog so goed. Baie jare gelede is ek besig om aan my verhandeling vir my meestersgraad te werk. Ek werk destyds op ‘n ou Burroughs rekenaar. Dis ‘n massiewe rekenaar wat die hele lessenaar volstaan. Dit was toe al oud. ‘n Universiteit het hul rekenaarstelsel opgegradeer, en so het ek een van die oues bekom. Ek was baie dankbaar. Dit was my eerste rekenaar. Iets loop skeef daardie dag. Voor my oë begin die rekenaar alles wat ek geskryf het, uitvee. Lettertjie vir lettertjie, van die laaste letter af terug. Paniekbevange probeer ek die proses stopsit. Druk knoppies. Tik goedjies. Niks werk nie. ‘n Magteloosheid oorval my. Dis of my werk voor my oë uitrafel, lettertjie vir lettertjie. Uiteindelik ruk ek die kragkabel uit die muur en hoop ek kan dit weer aankry en my materiaal herwin. ‘n Rekenaarkenner kon die rekenaar kry om te werk, maar die materiaal wat uitgewis is, kon ek nie herwin nie. Bladsye en bladsye navorsing was daarmee heen.Hoe dikwels voel dit vir ons net nie of alles in die lewe skeefloop nie! Behoorlik of alles aan die uitrafel is. Miskien is dit presies hoe jy nou voel. Omtrent 2700 jaar gelede het ’n Hebreeuse sanger met die naam Asaf ook so gevoel. Maar sy omstandighede het hom nie moedeloos gelaat nie. Asaf het by God geleer hoe om as wenner uit die stryd te tree. Sy kosbare lewenslesse deel hy met ons in Psalm 75. Een boodskap is duidelik: GOD WIL KEER DAT JOU LEWE UITMEKAAR RAFEL.

Mar 29, 202620 min
Francois Bredenkamp