
Show overview
Alles Uniek Potgooi launched in 2024 and has put out 44 episodes in the time since. That works out to roughly 15 hours of audio in total. Releases follow a fortnightly cadence, with the show now in its 3rd season.
Episodes typically run ten to twenty minutes — most land between 10 min and 22 min — though episode length varies meaningfully from one episode to the next. None of the episodes are flagged explicit by the publisher. It is catalogued as a EN-language Religion & Spirituality show.
There hasn’t been a new episode in the last ninety days; the most recent episode landed 11 months ago. The busiest year was 2024, with 36 episodes published. Published by Henriete.
From the publisher
Ons gesels oor ons verhouding en groei met Jesus Christus. Ons stop gereeld hier, want dit is hier waar ons leer wat saak maak. Waaroor als regtig Gaan.Mag elke potgooi God verteenwoordig, Hom Al die eer gee en ons Nader aan Hom bring.Ons gesels oor die Woord van God, ons bid saam en ons Worship saam. Ons gesels oor heel word, vol word en weer vol blydskap word.Ons huidige programme sluit in:🎙️Joernaal van 'n oorwinnaarVerskeie aanbieders deel met ons hul eie unieke stories van oorwinning, waaruit jy in Jou daaglikse lewe kan baatvind en leer dat daar ook oorwinning vir jóú is.🎙️Gevorm deur die PottebakkerStories uit die werkswinkel van 'n pottebakker, waar ons leer wat dit regtig beteken om gevorm te word deur die Ware Pottebakker. Feite wat Jou anders laat begin kyk na ons liefdevolle Vader. Christelle vertel vir ons in diepte meer oor die geheimenisse rondom pottebakkery. Fisiese en geestelik.🎙️Alles Uniek BoekklubOns gesels met uitgewers, skrywers en verkopers oor die nuutste boeke of top-verkopers.Inhoud van boeke, skrywers, stories en meer word bekend gestel.Hier hoor ons nie net van fiksie tot ware verhale nie, maar leer ken die dieper stories agter elke skrywe.Alles Uniek. Alles vir Jesus Christus.Mattheus 6:33Soek allereers die Koningkryk van God en Sy geregtigheid en Al hierdie dinge sal vir jou bygevoeg word.
Latest Episodes
View all 44 episodes
Joernaal van 'n Oorwinnaar - Oorwinning oor 'n weeskindmentaliteit
Uit die tema van identiteit, kom fokus Anita op die Oorwinning oor 'n weeskindmentaliteit

Alles Uniek Boekklub - Getuienis deur Rachel-Mari Ackermann
Rachel-Mari Ackermann deel met ons haar getuienis uit die boek, Net 'n komma, nie 'n punt nie.Wat 'n getuienis vol inspirasie en hoop!Ons vat hande saam vir hierdie program met Audience of One Media en Koue Koffie Boeke.Luister saam en word opnuut herhinner dat Jou storie ook net 'n komma het en God nog nie klaar is met Jou storie nie.

Gevorm deur die Pottebakker - 'n Middernag Boodskap
Christelle van Kinna's Clay gesels met ons oor die die belangrikste gebeurtenis waarvoor ons gereed moet wees.

Joernaal van 'n oorwinnaar
Ons gesels in hierdie aflewering met Anita en Didi oor Identiteit.

Alles Uniek Boekklub
Audience of One en Koue Koffie Boeke gesels meer oor beskikbare boeke.'n Getuienis word ook gedeel deur skrywer en illustreerder, Rachel-Mari, uit die boek, Net 'n komma, nie 'n punt nieLuister saam en word geïnspireer om 'n boek aan te skaf en te begin lees.Hier is stories van hoop wat sterk aanbeveel word.

Alles Uniek Boekklub
Ons gesels met uitgewers, skrywers en boek verkopers.Ons gesels met Elaine van Audience of One en leer meer oor waar Sy begin het in haar reis as uitgewer en skrywer. Haar getuienis gee soveel hoop.Carla en Carmen van Koue Koffie Boeke vertel ons ook meer van hulle boekwinkel, waar hul fokus op kinderboeke en ons ook meer vertel waarom lees so belangrik is en die impak wat dit het op kinders.

Gevorm deur die Pottebakker
Wat beteken dit wanneer die Here sê Hy is die Pottebakker en ons is die klei?Christelle breek die detail van hierdie spesiale kunstegnieke oop, leer ons waarom dit Al jare vir ons geleer word en in die Woord so pertinent genoem word.Luister saam waar ons die detail leer van Pottebakkery en begin sien wat God se Hart vir ons is. Soveel meer as wat ons besef.....

Joernaal van 'n oorwinnaar
Joernaal van oorwinnaar bevat inhoud van mense Soos ek en jy, met goeie en slegte seisoene. Hoe hul daardeur gewerk het of steeds werk. Hul vertel van hul pad van oorwinning saam met die Here.Hierdie Joernaal program is 'n plek waar ons onsself kan vereenselwig en ook onthou dat ons nie Alleen die pad stap nie.

Vuurdraers
Wat is Jou doel op aarde?Stap saam in die lering oor hoe om 'n draer van Vuur en draer van krag te wees.

Profetiese Soene
Profetiese Soene deur Jessica van der Walt.Die Woord van God is Soos Soene. Jessica gee Woord en verduidelik wat dit beteken as Sy praat van die Soene van God.Ons lees 2 profetiese woorde uit Jessica se boek, Kisses from Heaven. Jessica vat in hierdie aflewering als rondom Profetiese Soene bymekaar.

Soen die Seun
Ons Gaan aan met Episode 3 rondom die Soene van God.Hierdie week gesels Jessica vd Walt van Spirit Life School oor die tema: Soen die Seun

Die Genade Soene van God
Jessica vd Walt van Spirit Life School gesels rondom die tema: Soene van God.Hierdie aflewering Gaan meer oor die Genade Soene van GodKosbaar wanneer jy hoor, " kom huis toe, Ek wag vir jou..."

Verlore - deur Channie Wessels
Channie deel 'n brief uit 'n plek waar die Here haar weer kom wys het wat verlorenheid beteken.

Die Soene van God
Jessica vd Walt van Spirit Life School kom leer ons meer oor die term" Die Soene van God"

Trots
Anita Overcomer gesels oor Trots

Mental Memorials
Anita Overcomers gesels oor Mental Memorials waarna ons altyd na toe terug hardloop. Dis tyd om los te kom en aan te beweeg

Aangaande Jou
Wees 'n pynappel. Wees dit Wie God Jou geroep het om te wees en weet jy is uiters kosbaar vir God.'n Skrywe deur Channie Wessels.

Potgooi Getuienis
Ongelooflike getuinenisse van mense wat weet niks is vir God ontmoontlik nie, God is altyd teenwoordig, daar is hoop vir elkeen en God is reg om met Jou te ontmoet.Ons hoor in hierdie Potgooi oor vere herhinnerings, ligtoring openbarings, treinrit bewarings en wildtuin verrassings.In elke persoon se lewe, het God met ons spesiale, unieke ontmoetings.Mag hierdie Jou seën en herhinner Wie God is.

Symphony of Worship deur Wenna Terblanche
Worship musiek Deur Wenna Terblanche Passie vir Jesus Bybelskool

Ep 3Saambid
Ons leer die belangrikheid van gebed en pas dit ook prakties toe deur saam te bid en voorbidding vir jou te doen.Kunswerk deur Neil Breebaart van Art Refined. Volg Art Refined op oa. Facebook, TikTok, YouTube en Instagram