
Taaldinge
759 episodes — Page 16 of 16

29 Apr 2012
Wat is die herkoms van die woorde lakoniek en lakonies? Dien ‘n mens as jy tennis speel, of slaan jy af? Wat het van word geword?

22 Apr 2012
Word Blou Bulle-ondersteuner met ‘n koppelteken geskryf? Waar gebruik ons spasies en wat het ‘n 82-jarige gedryf om ‘n M-tesis oor troeteltaal te doen?

15 Apr 2012
Watter riglyne is daar oor die gebruik van leenwoorde in Afrikaans?

8 Apr 2012
'n Program oor taal en taalverskynsels.

1 Apr 2012
Nuus oor ‘n uitstalling van die ontwikkeling van Afrikaans in Afrikaanse musiek, wanneer gebruik jy hoofletters en die taaljunkies rap in Afrikaans.

25 Mar 2012
Luister na een van die tongvalle van Afrikaans, hoor hoe klink Nama en vat die pad in ‘n viertrekvoertuig.

18 Mar 2012
Kan ons maar van die sypaadjie praat as die pavement? Bepaal wette hoe naamwoorde gebruik moet word?

11 Mar 2012
Dit gaan nog goed met die Departemente Afrikaans in ons land. En wanneer sit jy ‘n kappie op en wanneer nie…dis nou die kappie-leesteken.

4 Mar 2012
Wat noem mens iemand wat ‘n vrees vir verse het? Wat sê ‘n mens in Afrikaans vir copy en paste en iPad?