PLAY PODCASTS
Jaco Strydom gesels met Peet Botma wat oor die Atlantiese Oseaan geroei het
Episode 79

Jaco Strydom gesels met Peet Botma wat oor die Atlantiese Oseaan geroei het

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

February 11, 202455m 55s

Audio is streamed directly from the publisher (mcdn.podbean.com) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.

Show Notes

“My boot was rooi van die sand, so ook al die vlaggies op die dek, én my sonpanele. En dis nie goed nie! Want jy is ongelooflik afhanklik van die paar elektroniese goed op die roeiboot,” vertel Peet Botma. Dit was sy tiende dag op die Atlantiese oseaan, reeds meer as 700km van die naaste droë grond af. Daar was 'n sandstorm in die Sahara Woestyn en die Oostewind het dit die diepsee in gewaai. 

Christopher Columbus draai sekerlik in sy graf om, het ek gedink toe ek dié storie hoor. 

Hy sou dit eenvoudig nooit kon glo nie. Dat iemand presies dieselfde roete as wat hy in 1492 geseil het, oor die ganse Atlantiese Oseaan, manalleen, in 'n roeiboot sou roei! Net soos Columbus het Peet op die Kanarie Eilande naby Marokko weggespring en eers weer voet aan land gesit op die Karibiese eilande, 4800km verder, reg bokant Suid-Amerika - as gevolg van die seestrome en die wind moes hy op die ou einde meer as 5200km roei. Dit het 45 dae gevat . . .

https://freedomrower.co.za/

Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Borg 'n bed in een van ons Echo-huise