PLAY PODCASTS
Kerksondermure (KSM)

Kerksondermure (KSM)

127 episodes — Page 3 of 3

Ep 27Gerrit Visser | Om dieper te kan luister

Om dieper te luister gaan nie net oor die mense in ons wêreld nie. Dit gaan ook oor hoe ons God hoor. Jesus kom leer ons hoe om op drie verskillende maniere te luister. Elk daarvan leer ons iets van wie Hy is, wie ons as mense is, en hoe ons die Jesuslewe nog meer kan ontdek.

Oct 20, 202529 min

Ep 26Johan Smith | Leef met ....Jesus se hart vir die behoeftiges

Dis nie ‘n positiewe waarneming as ‘n mens opmerk dat die wêreld se verre meerderheid mense in armoede leef nie. Met ander woorde, ons praat van behoeftig en hulle sukkel om in hul eie en hul gesin se basiese behoeftes te voorsien. Dis ‘n daaglikse oorlewingstryd. Verseker is hierdie realiteit vir die Here belangrik en praat Hy daaroor in sy Woord. Die wagwoorde van ‘n gelowige in hierdie wêreld behoort dankbaarheid en vrygewigheid te wees. Leef met oop harte en oop hande. Reageer soos Jesus met ‘n diep en werklike liefde wat omgee en uitreik na behoeftige mense. Jy word geseën om ‘n seën te kan wees. Kom ons gaan leef dit!

Oct 20, 202530 min

Ep 25Fanie Venter | Kyk na my

Ons gesels oor die verlamde man by die Mooipoort in die Tempel. Die Heilige Gees laat Jesus se volgelinge anders kyk na ander en laat ons anders optree teenoor ander.

Oct 13, 202527 min

Ep 24Colin Smith | Hoe gaan dit, PA

‘n Vriend van my het gebruik dikwels die gesegde: Moeilikheid is ons besigheid... dit kan sekerlik vir baie dinge staan, maar dan ook vir die KERK, nie waar nie? Deur die eeue heen is die Kerk bekend daarvoor dat daar nie gevlug word vir moeilikheid nie, maar eerder na dit toe getreë word. Sedert die opstanding van Jesus het hierdie beweging die wêreld getref juis omdat dit NA die nood toe beweeg het. Vandag staan ons stil by twee manne van die Bybel – een uit die OT en een uit die NT wat beide in moeilike omstandighede vir ons wys hoe gelowiges leef met ‘n ander perspektief as dié om hulle.

Oct 13, 202531 min

Ep 23Stephan Joubert | Wysheid vir die pad tot by die wederkoms: Vier padwysers!

Jesus is op rekord in Matteus 24-25 dat die wederkoms onverwags gaan plaasvind. In vier gelykenisse vertel Hy dan vir ons hoe ons met geloof en wysheid moet leef tot en net die dag van die Here. Ons moet eerstens soos goeie werkers wees wat omgee vir mekaar (Matteus 24:45-51). Ook moet ons soos wyse jongmeisies by ‘n bruilof wees wat hemelse olie in ons lampe het Matteus 25:1-12). Tussendeur moet ons woeker met die kosbare skatte wat God aan ons elkeen toevertrou (Matteus 25:14-30). Ons moet uiteindelik ook die goeie skape op die dag van die Here wees wat met medelye en omgee leef tot by die wederkoms (Matteus 25:31-46).

Oct 6, 202529 min

Ep 22Gerrit Visser | Jesus, kinders, grense

“Jesus wys in Markus dat kinders oor alle grense heen – ryk of arm, binne die ‘regte’ groep of buite dit, onbelangrik of gesien – die hart van die Koninkryk is. Hoe ons kinders ontvang en in hulle belê, wys hoe ons Hom self ontvang.”

Oct 6, 202529 min

Ep 21Stefan Fourie | Kom in, sonder moeite

“Moet dit nie moeilik maak vir hulle om by God uit te kom nie.” Dit is Paulus se appèl aan gelowiges, want hy verstaan dat Jesus nog altyd mense wou laat inkom, en deel maak van God se familie. Jesus kom demonstreer dat selfs die kleinste kindertjies vir Hom belangrik is, en daarom moet die volgende generasie net so belangrik wees vir die kerk om seker te maak dat hulle sonder moeite kan inkom.

Oct 6, 202532 min

Ep 20Johan Smith | ’n Lewe vol... veerkragtigheid

Die woord “veerkragtigheid” word baie wyd gebruik. Dis ‘n tipe van gewilde in-woord - selfs ietwat van ‘n cliché. Sê die Woord enige iets daaroor? Is dit enigsins op God se hart vir sy kinders? Die realiteit is dat dit gereeld met almal, gelowiges en ongelowiges uitdagend en swaar gaan. Verseker is veerkragtigheid belangrik. Verseker is veerkragtig in die eerste plek ‘n Woord-beginsel. Luister en leer uit die Woord oor die belangrike saak.

Sep 29, 202534 min

Ep 19Stephan Joubert | Moenie so skrik vir die wederkoms nie

Nooit het die Nuwe Testament bedoel dat die wederkoms as bangmaak-materiaal moet wees nie. Of dat die datum deur mense bereken moet word nie. Die dag van die Here kom onverwags (1 Tessalonisense 5:1-2). Jesus beplan geen voortydige ontruimingsaksies voor die wederkoms nie (Johannes 17:13-15). Tot by die wederkoms leef ons lig en in die Here se lig (1 Tessalonisense 5:4-5). Ons sien uit na die Dag van die Here. Almal wat reeds in Christus gesterf het en almal wat nog leef gaan Hom feestelik op die wolke gaan verwelkom hier op sy nuwe aarde (1 Tessalonisense 4:13-18). Ons sien uit na die dag van die Here waar Hy gaan feesvier saam met ons oor al die goeie vrugte van geloof wat ons hier op aarde gelewer het (Filippense 1:10-11)

Sep 29, 202533 min

Ep 18Gerrit Visser | die WINS van die huis

Jesus daag ons uit om nuut te dink oor hoe lief God ons het in die verhaal van die verlore seuns. Vanuit die verhaal vind ons 4 letters wat 'n akroniem word vir 4 woorde. Daarom kan ons as gelowiges vandag sê die huis maak altyd WINS.

Sep 22, 202527 min

Ep 17Neels Marais | die WINS van die huis

Iets gebeur wanneer argitekte en bouers saamwerk om ‘n indrukwekkende gebou te bou. As “lewende stene” is die Here besig om ons as gelowiges in sy geestelike huis in te bou. In dié huis, wat ons vandag die kerk noem, aanbid ons God, ons ontdek ons identiteit en ons word deel van ‘n netwerk van Christene wat die voorreg het om saam te dien. Maak jouself tuis in Sy huis!

Sep 22, 202523 min

Ep 16Colin Smith | Die vyand glimlag as ons hierdie dinge glo

Dit het op ‘n Sondag begin toe Jesus opgestaan het en ’n leë graf vol getuienis agtergelaat het.Dit het op ’n Sondag begin toe ‘n groep wat besig was om weg te kruip die lewende Here gesien en gehoor het toe Hy sê: Vrede vir julle.Sedertdien leef die Kerk vanuit die hoop wat Sondag bring. Sondag bevestig dat Jesus is wie Hy gesê het Hy is en juis daarom ontdek, leer en leef ons die Jesuslewe want Sondag bring hoop. Hierdie groep mense, die ekklesia is ’n beweging wat gans anders is. Kom ontdek saam die dinge waaroor die vyand glimlag as ons dit glo, want om ekklesia te wees sal ons waaksaam moet wees hiervoor.

Sep 16, 202531 min

Ep 15Stefan Fourie | Die vyand glimlag as ons hierdie dinge glo

In hierdie reeks oor die kerk, word ons herinner dat die vyand alles in sy vermoë sal doen:· om die kerk te weerhou om te verstaan wat God se plan vir die kerk is en · ons te weerhou om deel te neem aan hierdie missie waarvoor God ons so duidelik roep.

Sep 16, 202533 min

Ep 14Neels Marais | ’n Kerk soos hierdie

Ons Here Jesus Christus, wat die hoof van die kerk is, wil hê dat ons ‘n sekere tipe kerk sal wees. Hy wil hê ons moet ‘n kerk wees waar sondaars welkom is. Ons moet ‘n kerk wees wat kan partytjie hou as mense terugdraai na God en Hy wil hê dat ons ‘n kerk sal bly wat klein is in haar eie oë. Kom verbind jouself opnuut weer aan die kerk wat die liggaam van Christus is.

Sep 8, 202531 min

Ep 13Fanie Venter | ’n Kerk soos hierdie

Ons praat in hierdie reeks oor die kerk waaroor Jesus droom en wat Hy besig is om te bou. In die verhaal van die verlore seun ontdek ons dat hierdie kerk nie styf of ontoeganklik is nie, maar ’n plek wat die vreugde en omhelsing van die Vader weerspieël. Die verhaal is ook ons verhaal, daarom kan ons saam met Jesus bou aan ‘n kerk soos hierdie.

Sep 8, 202530 min

Ep 12Gerrit Visser | Ek glo daarom wil ek graag deelneem aan die ete van die Here

Die vroeë kerk was bekend as mense wat saam rondom tafels ontmoet het – vir meer as net iets om te eet. Dit was hulle daar ontdek het, is vandag nog inspirasie vir ons ontdekking van Jesus.

Sep 1, 202526 min

Ep 11Johan Smit | Ek glo daarom wil ek graag deelneem aan die ete van die Here

Die ete van die Here, of Nagmaal, is altyd spesiaal. Dis ‘n geleentheid waar geloofsbroers en -susters saam om die tafel sit en terug dink aan die kruis en ook die leë graf. Dis ‘n feesgeleentheid juis omdat Jesus jou en my duur gekoop het en daarom kan ons saam sê en bid: “Ons Vader”. Dis ‘n voorreg om deel van ‘n geloofspan en geloofsfamilie te wees waar elkeen mekaar liefhet, aanvaar en saam woeker en ‘n verskil maak in hierdie wêreld. Wees deel van hierdie tyd van refleksie en ook fees. Wees deel van hierdie fees saam met ander.

Sep 1, 202522 min

Ep 10Fanie Venter | Ek glo, daarom wil ek vry wees van my verlede

Ons almal maak foute – maar God se genade is groter as ons skuld én ons skaamte. Soos Petrus wat Jesus verloën het en tog herstel is, wil Jesus jou ook ontmoet en herstel.

Aug 25, 202528 min

Ep 9Stefan Fourie | Ek glo, daarom wil ek vry wees van my verlede

Ek dink nie ek is verkeerd as ek sê dat elkeen van ons al iewers in ons lewe gesukkel het met die gedagte dat God my kan vry maak van my verlede nie. Meeste van ons het al iewers gewens dat die lewe net ‘n undoknoppie het. Die realiteit is dat die lewe ongelukkig nie so met ons werk nie. Ons verlede haal ons baie keer in, en dan voel ons skuldig en skaam. “Wat moet ek maak om vry te kom van my verlede” is die vraag wat ons baie keer mee worstel. Hierdie boodskap help ons om te ontdek dat God anders na ons kyk, as wat ons na onsself kyk.

Aug 25, 202529 min

Ep 8Colin Smith | Ek glo daarom sukkel ek soms wanneer die lewe so onregverdig is

Is jy al getref deur onreg of onregverdigheid? Sukkel jy as gelowige wanneer die wêreld so onregverdig is? Hoe maak gelowiges wanneer onreg jou tref? Hierdie week praat ons reguit oor die onregverdigheid van hierdie wêreld en hoe ons as gelowiges daardeur kan werk. Ek glo, daarom sukkel ek wanneer die lewe so onregverdig is...

Aug 18, 202531 min

Ep 7Johan Smith | Ek glo daarom sukkel ek soms wanneer die lewe so onregverdig is

Ek dink jy sal saam stem: die lewe is onregverdig. Dit is eintlik ‘n aanname van die lewe. Slegte goed gebeur met baie goeie mense. Gereeld is ek en jy op die plek van “hoekom” en “waarom”. Verseker kan ons God nie verstaan nie, maar ons kan Hom ken en dit is wat geloof uiteindelik is: om God diep en innig te ken, om ‘n naby pad met Hom te stap en intieme verhouding met Hom te hê. Ons leer baie hiervan by Job – ‘n baie goeie mens, ‘n werklike opregte mens wat ‘n mooi pad saam met die Here stap. En dan……..dan val alles uitmekaar en inmekaar. Kom ons leer van geloof in moeilike, seer en onvolmaakte tye uit die verhaal van Job.

Aug 18, 202535 min

Ep 6Fanie Venter | Ek glo daarom sukkel ek soms wanneer die lewe so onregverdig is

Ons leef in ‘n wêreld waarin dinge dikwels skeef loop. Op die groot wêreldtoneel, maar ook in ons persoonlike lewens. Wanneer dit gebeur beleef gelowiges baie kere dat die lewe onregverdig is. Vandag kyk ons na mense uit die Bybel se verhale om te probeer sin uitmaak van hierdie onregverdige onlogiese belewenisse. In ander woorde: is daar enige sin in ons persoonlike hartseer, pyn en teleurstelling?

Aug 18, 202529 min

Ep 5Stephan Joubert | Ek glo daarom wil ek my nie só bekommer nie

Bekommernis is 'n geloofdief. Dit steel ons vreugde en vrede. Die enigste geneesmiddel is om geloof-vol te wees. Om Christus van harte te ken is om in sy vreugde te leef en in sy vrede. Dit is om nuut te dink. Dit is om met medelye tussen ander mense te leef. So 'n deurleefde geloof slaan kommer hok.

Aug 11, 202529 min

Ep 4Johan Smith | Ek glo daarom wil ek my nie só bekommer nie

Almal is bekommerd. Dis soms die politiek, of dalk die ekonomie, moenie jou kinders en hulle skoolprogramme weggooi nie. Dan is dit jou persoonlike finansies, of jou gesondheid. Bekommernis is ‘n hindernis en uitdaging vir almal. Jesus het 2 000 jaar gelede al ernstig, reguit en prakties daaroor gepraat. Hy gee raad en het duidelike grense en riglyne wat bekommernis aanbetref. Bekommernis en die hantering daarvan word deeglik in Matteus 6 as deel van die Bergpredikasie bespreek. Luister gerus na Jesus se goeie raad in hierdie boodskap.

Aug 11, 202526 min

Ep 3Johan Smith | Ek glo daarom wil ek God beter leer ken

Om God te ken en van God te weet, is twee verskillende dinge. Deur genade kan ‘n mens werklik in ‘n verhouding met die Here staan en vanuit die genade leef as ‘n nuwe mens. In ‘n verhouding met Jesus maak Hy jou lig en ‘n lieflike geur in hierdie donker wêreld. Soms is die liggie bietjie flou en die “geur” nie so lieflik nie. Ons fokus op 4 dinge. Dit sal help om God beter te ken, ‘n dieper verhouding met Hom te beleef en jou lig helder te laat skyn.

Aug 4, 202533 min

Ep 2Stefan Fourie | Ek glo daarom wil ek God beter leer ken

Het jy al gewonder oor jou geloofslewe, en gewonder en self getwyfel of jy dit regtig verstaan en ten volle beleef? Of dalk het jy al gevra, doen ek hierdie Jesuslewe-ding reg? Baie van ons sukkel met ‘n tipe van reddings-teologie en vergeet dat Jesus ons eintlik geroep het tot ‘n verhouding met Hom. Wanneer ek God net wil gebruik sodat ek gered kan word, dan mis ek iets groter van ‘n lewe vol betekenis met Hom. In hierdie boodskap ontdek ons dat hierdie verhouding waarvan Jesus praat, is nie om jou in die Hemel te kry nie, maar om die Hemel in jou te kry.

Aug 4, 202530 min

Ep 1Colin Smith | Ek glo daarom wil ek God beter leer ken

"Om die Here te ken, is die Ewige Lewe”, so sê Jesus in Johannes 17:3. Maar hoe groei ek in hierdie kennis? Hoe groei ek in my verhouding met Hom? Kom ontdek saam vyf maniere waarop ek en jy die Here regtig beter kan leer ken.

Aug 4, 202530 min