PLAY PODCASTS
Kerksondermure (KSM)

Kerksondermure (KSM)

127 episodes — Page 2 of 3

Colin Smith | Jesus as finale offer

Apr 16, 202627 min

Gerrit Visser | Jesus smeer af aan ons

Apr 16, 202629 min

Ep 74Stefan Fourie | Jesus is meer as net ‘n Verlosser – Jesus is die Voorloper!

Die Hebreër skrywer begin sy brief deur te sê: “Daar is niemand soos Jesus nie!” Jesus is die absolute Middelpunt, maar daar is meer aan Hom as wat ons baie keer raaksien. Jesus se werk het nie net by die kruis gestop nie, maar ons word uitgenooi om verder te kyk, verby die kruis en die GOUD van ons geloof raak te sien.

Mar 30, 202624 min

Ep 75Gerrit Visser | Jesus as voorloper

Die skrywer van die brief van Hebreërs kyk verder as die kruisiging van Jesus. Hy wys vir ons hoe Jesus vandag in ons lewens is. Hy wys vir ons dat Jesus voor loop, maak nie saak waar ons gaan nie.

Mar 30, 202626 min

Ep 73Stephan Joubert | Min of Meer – vra vir Petrus

Petrus se ontbyt saam met Jesus is in een woord aardskuddend. Pleks dat Jesus hom herinner aan die feit dat hy Hom drie keer verloën het vra Jesus drie keer vir Petrus: “Het jy my lief?” Hierdie aardskuddende vrae en antwoorde word opgevolg deur drie opdragte aan Petrus. Jesus leer hom dat liefde meer as lippetaal is. Dit lei tot ‘n nuwe lewe van diens en medelye

Mar 23, 202632 min

Ep 72Stefan Fourie | Min of Meer ... Nikodemus

Die realiteit van ons wêreld is dat meeste mense nie kerk toe gaan nie. Hulle is nie kwaad vir die kerk nie, en wil dit ook nie afbrand nie, maar loer van buite af in. Nikodemus, ‘n karakter wat selfs Johannes in sy evangelie van skryf, is ook so ‘n persoon wat van buite af inloer, en dan stadig maar seker nader aan Jesus beweeg.

Mar 23, 202632 min

Ep 71Neels Marais | Min of Meer ... Nikodemus

Ons as mens wonder dikwels oor baie aspekte van ons geloof. Ons wonder oor die oorlog in Iran en of ons gebede ‘n verskil sal maak. Ons wonder oor al die leed en swaarkry in die wêreld. Andere kere weer het ons baie vrae oor dit wat ons in die Bybel lees. Nikodemus was ‘n gelowige wat baie vrae gehad het. Wat merkwaardig is, is dat hy met al sy vrae na die Here Jesus toe gegaan het. Ons Here het sy vrae verwelkom en oor tyd heen sien ons hoe sy geloof in Hom gegroei het – soveel so dat hy die man was wat Jesus Christus ná die kruisiging begrawe het.

Mar 23, 202631 min

Ep 69Stephan Joubert | Min of Meer ... Tomas

Spyt kom altyd te laat, sê hulle. Gelukkig het Tomas 'n tweede kans gekry. Hy was afwesig toe Jesus die eerste Sondagaand na sy opstanding aan die dissipels verskyn het. Hy was nie oortuig dat Jesus leef nie. Tomas wou sy eie post mortem doen. Maar toe daag Jesus die tweede Sondagaand weer op. En Hy nooi Tomas na Hom toe. Daar en dan het sy oë oopgegaan. Tomas se belydenis: "My Here en my God," verwoord sy nuwe ontmoeting met Jesus. Dit is jou en my belydenis ook as Jesus ons met oop arms ontvang.

Mar 16, 202630 min

Ep 70Johan Smith | Min of Meer ... Tomas

Jesus moet meer word en jy minder. Jesus moet belangriker word en jy onbelangriker. Dis geestelike groei. Dis hoe jou geestelike pad moet wees en moet lyk. Met hierdie boodskap leer ons meer deur te kyk na die lewe van Tomas. Ja, daardie Tomas wat die merke aan Jesus se hande wou sien. Hy kom in ‘n diep en uiters intieme verhouding met Jesus - so ‘n mooi verhouding dat elkeen van ons daarna moet smag en streef.

Mar 16, 202642 min

Ep 67Colin Smith | Minder verwagting, meer vervulling

Ons diepste begeerte vir “minder van myself en meer van Jesus”, kan beteken dat ek soms teleurgesteld word in my verwagting. Wanneer Jesus my vertrou met die “nie weet nie”, moet ek mooi oplet...

Mar 9, 202629 min

Ep 68Gerrit Visser | Marta en Maria: Wanneer minder en meer alles verander

‘n Broer. Twee susters. ‘n Dorpie met min betekenis. Iemand sterf. Jesus daag dan op. ‘n Wonderwerk. Radikale verandering. Minder en meer is woorde wat herdefinieer word. ‘n Dorpie met min betekenis kry nuwe betekenis. Twee susters. ‘n Broer. ‘n Nuwe roeping.

Mar 9, 202630 min

Ep 66Neels Marias | Moenie Sy stilte as afwesigheid interpresteer nie

As kinders van die Here het ons soms die ervaring dat die Here ons nie so gou help as wat ons wil hê Hy ons moet help nie. Ander kere voel dit vir ons of die Here “wegstap” van ons problem af. Die verhaal van Johannes die Doper wys vir ons dat ons nie die Here se stilte as sy afwesigheid moet interpreteer nie. Hy is God en sy planne is nie ons planne nie en sy denke is nie ons denke nie.

Mar 2, 202625 min

Ep 65Johan Smith | Minder of meer – Johannes die Doper

In die lewe vandag is dit vir baie mense belangrik om raak gesien te word. Hulle wil graag belangrik wees. Om dit reguit te stel: om great te wees is baie se doelwit wat hulle najaag. Dis tyd dat ons tot stilstand kom en diep dink en besin oor wat is waarlik belangrik in die oë van die Here. Wat is dit waarna Hy kyk en soek om ware greatness raak te sien? Kom ons leer van en by Johannes die Doper – iemand wat ‘n groot en belangrike rol in die geskiedenis van die wêreld speel. Sy lewe vanaf geboorte tot sy sterwe is een aangrypende verhaal en ook ‘n les vir ons almal: word jy minder sodat hierdie God, vir wie niks onmoontlik is nie, meer kan word in jou lewe.

Mar 2, 202629 min

Ep 64Colin Smith | ‘n Maaltyd soos geen ander nie

‘n Maaltyd soos geen ander, ‘n fees waarna jy genooi is – save the date en sien jou Sondag

Feb 23, 202629 min

Ep 63Fanie Venter | Ken en vertrou

‘n Mens vertrou baie moeilik iemand wat jy nie ken nie. Vandag beantwoord ons die vraag of dit dalk ook waar kan wees in ons verhouding met God.

Feb 23, 202621 min

Ep 62Neels Marias | Hou jou oog gevestig op Jesus, ten spyte van die storms

Elke dag is daar e-posse, druk, teleurstellings, onsekerheid oor die toekoms en bekommernisse oor ons familielede. En êrens in die middel van dit alles sal ons oë begin dwaal. Ons sal na die golwe kyk. En stadig — amper sonder dat ons dit agterkom — sal ons ophou om na Hom te kyk. Maar Jesus se uitnodiging is nie: “Probeer harder” nie. Sy uitnodiging is: “Moenie bang wees nie. Kyk na My, sien raak dat Ek by jou in hierdie storm is.”

Feb 16, 202620 min

Ep 61Fanie Venter | Hou aan hoop

Vir die lewe op sy beste, ook buite jou gemaksone het ons iets baie besonders nodig. Mens noem dit hoop. Maar is hoop altyd genoeg?

Feb 16, 202625 min

Ep 60Stephan Joubert | As jy moet vra, loop of klim, doen dit saam met Jesus

Geloof loop soms hardepad. Vra vir Johannes die Doper. In Matteus 11 is hy in die dodesel. Johannes se geloof kos hom alles. Is dit die moeite werd? Gelukkkig doen Johannes een goeie ding met hierdie twyfelvraag. Hy maak sy probleem Jesus S'n. Johannes gaan vra Jesus via sy eie dissipels of Hy regte die Messias is. Johannes vat sy twyfel na Jesus toe.Petrus doen ook in Matteus 14 die regte ding met sy eie vrees in die midde van 'n storm op die See van Galilea. Terwyl hy dit waag om Jesus te toets ("Here, As U U is!") vra hy nogtans of hy na Jesus toe kan loop. Spoedig faal Petrus se geloof en hy trap gate in die water. Maar dan gryp Jesus Petrus se hand vas en tel hom terug in die boot waar hy behoort. Daar aanbid almal vir Jesus. Saam met Johannes en Petrus leer ons dat ons met ons twyfel en kleingeloof na Jesus toe moet loop. Selfs al sink ons langs die pad, is Hy naby om ons te vang en na daardie spasies toe terug te bring waar ons Hom nogmaals kan aanbid.

Feb 9, 202629 min

Ep 59Stefan Fourie | Vrees: Ons Grootste Vyand om in beweging te kom

Vrees is baie keer die grootste vyand in ons lewens, wat ons verhoed om te beleef hoe groot en almagtig God is. In Petrus se lewe, sien ons dat ‘n beweging - of dit nou uit vrees of waagmoed was - een is waar Petrus ontdek dat God reeds teenwoordig is in sy situasie.

Feb 9, 202628 min

Ep 58Gerrit Visser | Die seisoene van vrees en vertroue

Van die dag wat ons gebore word moet ons ander vertrou. Almal se unieke reise bevat verskillende ervarings van vrees en vertroue. Dit is die dinge wat ons bang maak, wat ons help om te verstaan wie ons is, en ook wie ons nie hoef te wees nie. Dit skep ook die potensiaal vir nuwe seisoene van vertroue. Jesus leer baie oor vertroue en vrees.

Feb 9, 202630 min

Ep 57Johan Smith | Die tragedie van die onoopgemaakte geskenk

God is ‘n vrygewige God. Hy seën sy kinders met gawes. Sy bedoeling met gawes is dat dit eintlik geskenke (gifts) is wat ons moet gaan uitdeel in hierdie stukkende wêreld om dit ‘n beter plek te maak. Hierdie geskenke is Hy ernstig oor, want elke mens is vir Hom belangrik. Hy vra van sy kinders opoffering en diensbaarheid ter wille van ander. Hy wil nie hê ons moet die geskenke onoopgemaak laat nie. Dit moet uitgedeel word! Dit moet gebruik word! Dit moet mense se lewens aanraak en verander! Luister gerus na God se hart uit sy Woord oor die onoopgemaakte geskenke

Feb 2, 202635 min

Ep 56Colin Smith | Die Tragedie van: As ek maar net...

”As ek maar net...” het jy dit dalk al gesê? Wel jy is nie alleen nie. Kom luister saam, voor jy dalk jou woorde moet sluk.

Feb 2, 202623 min

Ep 55Stephan Joubert | Om die Here te toets is om te kry wat jy vra!

Toe kry Petrus wat hy wou hê: sy waterloop! Toe nooi Jesus hom uit om op die stormwater te kom loop. Dit het hy nie sien kom nie. Petrus en die ander dissipels het gedink Jesus is 'n spook. Hy het Jesus juis so 'n bietjie getoets: As U regtig U is..." Maar Petrus het een goeie ding gedoen. Hy het bygevoeg: "Sê ek moet na U toe kom.' Toe kry hy sy wens. Toe loop Hy na Jesus toe, die groot "Ek is." Toe word sy toets waar.Maar toe wag Jesus hom ook met genade in toe hy begin sink. Dis wie Jesus is. Hy verhoor ons versoeke en Hy help ons as ons gate in die water trap.

Jan 26, 202625 min

Ep 54Gerrit Visser | Geroep om uit die boot te klim

Net na Jesus die dissipels met ‘n boot oor ‘n meer gestuur het, steek daar ‘n storm op. Die dissipels was bang, en toe kom Jesus na hulle aangestap op die water. Hy is kalm op die onveilige water, en hulle vreesbevange in die veilige boot. En toe roep Jesus hom, die brawe een, uit op die oop water – na veiligheid.

Jan 26, 202629 min

Ep 53Neels Marais | Geroep om uit die boot te klim

Soms voel dit vir ons of ons in die middel van ‘n storm heeltyd die wind van voor kry. Ons swem onder die golwe en in die donker nag wonder ons waar die Here is. Matteus 14 nooi ons uit om juis in sulke omstandighede ons oë oop te hou vir die Here wat naby is. Ons word uitgenooi en uitgedaag om Sy stem te gehoorsaam en om uit die boot te klim sodat ons kan wees waar Hy is.

Jan 26, 202625 min

Ep 52Colin Smith | Die rede vir ons bestaan

Ontdek die Jesuslewe is die inspirerende verwoording van Kerksondermure se bestaansrede. Daar is egter ‘n gevaar as ons die volgorde verkeerd kry. In Gal. 2 help Paulus ons om hierdie slaggat te vermy.

Jan 19, 202624 min

Ep 51Fanie Venter | Die rede vir ons bestaan

Ontdek die Jesuslewe is die inspirerende verwoording van Kerksondermure se bestaansrede. Daar is egter ‘n gevaar as ons die volgorde verkeerd kry. In Gal. 2 help Paulus ons om hierdie slaggat te vermy.

Jan 19, 202626 min

Ep 50Neels Marais | Die Messias belowe seën, maar eis (liefdevolle) geregtigheid

Jan 12, 202629 min

Ep 46Stephan Joubert | Jesus is... regtig Immanuel

Jan 5, 202631 min

Ep 47Gerrit Visser | Die God wat was, die God wat is, die God wat bly

Jan 5, 202630 min

Ep 49Colin Smith | Geloof is...

Jan 5, 202632 min

Ep 48Colin Smith | 'n Lig het geskyn

Jan 5, 202624 min

Ep 45Stefan Fourie | Wat is God se wil vir my, in 2026

Aan die begin van die jaar, vra mense dikwels die vraag: ‘Ek wonder wat die nuwe jaar vir my gaan inhou.’ Vir Christene is die vraag baie keer niks anders as om te vra: ‘Ek wonder wat is God se wil vir my in hierdie jaar nie.’ In hierdie boodskap ontdek ons dat ons kan weet wat God se wil is, wat dit is, en hoe ons ons lewens daarmee kan belyn.

Jan 5, 202626 min

Ep 44Colin Smith | Wees sterk en vasberade in 2026

‘n Nuwe jaar is op hande – ‘n jaar vol nuwe geleenthede, maar ook uitdagings. Op weg na die onbekende leer ons by Josua kosbare wyshede waarmee ons hierdie jaar kan binnegaan.

Jan 5, 202629 min

Ep 43Stefan Fourie | Jesus bring ‘n swaard vir die siel

In vandag se boodskap stop ons by Simeon, ‘n ou oom, wat twee profesieë oor Jesus uitspreek. Hy meld twee dinge wat Jesus gaan kom doen. Eerstens, Jesus gaan konflik bring tussen mense, en tweedens, Jesus gaan konflik bring binne mense. Vandag ontdek ons wat dit beteken.

Dec 30, 202531 min

Ep 42Fanie Venter | ‘n Lig het geskyn...

Kersfees is nie ‘n sentimentele verhaal nie en help ons daarom om realisties te kyk na ons lewe in hierdie wêreld. Dis ‘n donker wêreld (nie hopeloos nie), waarin ons nooit ons weg sal vind nie, tensy Jesus ons Lig is nie.

Dec 30, 202525 min

Ep 40Gerrit Visser | Die God wat was, die God wat is, die God wat bly

Wanneer ons dink aan engele wat mense besoek dan dink ons aan Maria, Sagaria, Elisabet... Ons vergeet soms dat Jesus se aardse pa, Josef, ook deur ‘n engel besoek was in ‘n droom. Daardie ontmoeting help ons om te verstaan wie Jesus regtig is, gister, vandag, en tans hier.

Dec 30, 202531 min

Ep 41Colin Smith | Geloof is...

Kersfees kondig die grootste gebeurtenis in die geskiedenis aan: GOD HET MENS GEWORD. Dié gebeurtenis vra van jou en my om dit nie net te hoor nie, maar juis van harte te glo. Maar wat is geloof? Ons sien in die Kersverhaal hoe Maria se geloof gevorm word en juis daarin sien ons ‘n model vir ons eie geloof. Kom ontdek saam wat Geloof is...

Dec 30, 202525 min

Ep 39Neels Marais | Vier waarhede uit Jesus se geslagsregister

Ons almal het soms die ervaring dat die Here baie lank vat om ons gebede te verhoor. Die geslagsregister van Jesus Christus herinner ons daaraan dat die Here altyd sy beloftes hou. Hy hou sy woord, Hy kom sy beloftes na, maar dikwels voel dit of hy talm. Ons taak en voorreg is om te bly wag op die Here. Hy is nooit laat nie.

Dec 8, 202532 min

Ep 38Fanie Venter | God se hart in ‘n lys

Matteus begin sy vertelling van die Kersverhaal met ‘n lang, op die oog af, amper uitputtende geslagsregister. Wanneer ‘n mens hierdie lys name lees, kan jy amper nie wag om dit agter die rug te kry, sodat jy by die aksie kan uitkom nie.Maar jy sal ‘n fout maak om dit oor te slaan, want in hierdie geslagsregister is daar ‘n paar uiters betekenisvolle waarhede. Waarhede wat vir ons so baie vertel van Wie God is en van wie ons is.

Dec 8, 202521 min

Ep 37Gerrit Visser | ‘n Antieke loflied vir moderne mense

Lukas se evangelie begin met drie lofliedere aan God deur verskillende mense. Jy kan elkeen van daardie lofliedere deel maak van jou lewe in hierdie Kerstyd, en veral omdat ons vandag die doop van kinders ook vier.

Dec 3, 202526 min

Ep 36Johan Smith | Wees gehoorsaam....dis dade en aksie

Gehoorsaamheid is vir die Here belangrik – nie omdat Hy die baas of werkgewer is nie, maar juis omdat Hy jou Vader is. Hy wil hê jy moet gehoorsaam wees ter wille van jou oorvloedige- en oorwinningslewe. Kom ons leer by mense soos Abraham, Daniël en ook Petrus oor die vrug van gehoorsaamheid. Terselfdertyd moet ons diep bewus wees dat die Evangelie alleen gehoorsaamheid moontlik maak in ons lewens. Kom ons kom in beweging! Kom ons gaan oor tot aksie! Kom ons verheerlik God met gehoorsame lewens.

Nov 24, 202541 min

Ep 35Gerrit Visser | “Lig en duisternis en ‘n onverwagse fees”

Vandag neem ons ’n eerlike reis deur Psalm 88, een van die donkerste psalms in die Bybel. Ons ontdek saam hoe God dikwels in ons diepste donkerte werk — soos tydens Jesus se geboorte in ’n stal vol skaduwees en Sy dood aan die kruis, waar Hy self die duisternis binnegaan om lig te bring. Die preek nooi jou om te sien hoe geloof ook in stilte groei, hoe lig selfs in die nag kan skyn, en hoe God telkens van ons donkerste oomblikke ’n onverwagse fees van hoop en genade maak.

Nov 17, 202520 min

Ep 34Stefan Fourie | Hoe maak ek met donker tye?

Hoe maak ek met donker tye? Wat moet ek doen wanneer dit voel asof die Here van my vergeet het, en my net verlaat het? Wat moet ek doen wanneer dit voel asof duisternis ‘n beter vriend is, as God? Psalm 88 help ons om nuwe perspektief te kry op hierdie vrae, en help ons om opnuut te ontdek wat Jesus se kruisdood regtig vir ons beteken.

Nov 17, 202533 min

Ep 33Johan Smith | Die geboortegrond van dankbaarheid

Vandag se kultuur, en heeltemal te veel mense in hierdie kultuur, is ondankbaar en ontevrede. Dit, terwyl die Here wil hê sy volgelinge moet leef met oorloop-harte propvol dankbaarheid. Wel, dit is nie altyd maklik nie, want die lewe is met tye ingewikkeld en uitdagend. In hierdie boodskap gesels ons oor ‘n wonderlike geestelike dissipline wat jou prakties, hande en voete, kan help om ‘n dankbare mens te wees. Leer dit aan, doen dit gereeld en leef met ‘n hart vol dankbaarheid!

Nov 10, 202532 min

Ep 32Stephan Joubert | Vanaf "yesterday's hero" na 'n gestuurde van God

Elia is uit op sy voete aan die begin van 1 Konings 19. Hy vlug vir sy lewe. In die woestyn vra hy selfs vir God om 'n einde aan dit alles te bring. Dan daag 'n engel by hom op met lewenskos, want God het 'n nuwe onmoeting met Elia in gedagte. Hy wil Homself opnuut openbaar aan sy kneg op sy heilige berg waar Hy ook vir Moses ontmoet het. Hierna loop Elia terug op sy eie spore, maar nou doen hy dit met 'n nuwe doel en roeping. God verander ons ook deur Sy Gees wanneer ons Hom reg ontmoet.

Nov 10, 202532 min

Ep 31Stefan Fourie | Die groot vraag: Hoe kan ek in verhouding met God staan?

Miga vra die belangrikste vraag wat enige iemand kan vra. Die vraag is: Hoe kan ek, as klein swak mens, met die ewige en hoë God, in verhouding wees? Miga gee twee verkeerde antwoorde, en dan eers kom hy by die regte antwoord uit. In hierdie preek ontdek ons wat dit is.

Nov 3, 202529 min

Ep 30Colin Smith | Maak Jesus sigbaar

Ons lees reeds in die eerste hoofstuk van die Bybel dat die mens as beeld van God geskape is. Hierdie beeld het egter ernstige skade gekry en moes herstel word. Wat het gebeur en natuurlik, wat nou? Hoe neem ons deel aan die herstel-proses? Daarom vandag se tema: Maak Jesus sigbaar.

Nov 3, 202528 min

Ep 29Colin Smith | Die genade van vrygewigheid

Dit is die tyd van die jaar waar ons geskenke koop. ‘n Tyd van GEE. Daarom is dit ook gepas dat ons nadink oor die geskenk van GEE, aldus vrygewigheid. Ons ontdek vanuit die gelykenis van die ryk jongman dat geld gevaarlik kan wees vir ons geestelike lewe en daarom die vraag: Wat is die antwoord vir dié gevaar?

Oct 27, 202530 min

Ep 28Fanie Venter | Hoe lyk ‘n Christen?

Die andersheid van die eerste gelowiges het tot gevolg gehad dat die vroeë kerk dramaties gegroei het. Een van die mees sigbare uitdrukkings van hulle andersheid was hulle radikale vrygewigheid. Vandag gaan ons kyk na twee dinge wat hulle gemotiveer het om so te leef en na wat dit vir ons lewens vandag beteken.

Oct 27, 202527 min