PLAY PODCASTS
Stel jou vertroue in die God wat nooit teleurstel
Season 26 · Episode 8

Stel jou vertroue in die God wat nooit teleurstel

Hoop Nogtans · Francois Bredenkamp

March 29, 202626m 34s

Audio is streamed directly from the publisher (content.rss.com) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.

Show Notes

Die Griekse filosoof Diogenes (oorlede 323 v.C.) het besonderse maniere gehad om sy wysheid oor te dra. Een hiervan was om met ‘n lantern te loop en soek na iets - helder oor dag. Natuurlik sou mense vra waarmee hy besig is. Sy antwoord: Ek is op soek na ‘n eerlike man. As ons Miga 7 lees, dan ontmoet ons die profeet Miga wat ook op soek was na ‘n mens wat regverdig geleef het. Selfs net één mens. En daar was nie onder sy landgenote eers een mens wat regverdig was nie.

Ses hoofstukke lank lees ons hoe God deur die profeet Miga met sy volk praat. Dit voel vir Miga of nie and ooit geluister het. Hy preek en preek vir jare en niemand steur hulle aan hom nie. Hy begin die hoofstuk met “Wee my!” Daar is intense emosionele pyn agter hierdie woorde. Dit verwoord die gevoel, ek kan dit nie meer verduur nie! Dit voel asof my binneste uitmekaar skeur wanneer ek dink aan wat aangaan in my land.

Die teleurstelling is té groot. Miskien om dit op hoe jy vandag voel. Jou situasie is dalk anders as Miga s’n; die pyn van jou teleurstelling is dieselfde. Jy wil ook uitroep, Ek kan nie meer nie! Uit Miga se belewenis kan ons vandag leer: STEL JOU VERTROUE IN DIE GOD WAT NOOIT TELEURSTEL