PLAY PODCASTS
Ontdek of Herontdek  Die hart van God vir jou  #2601
Season 26 · Episode 1

Ontdek of Herontdek Die hart van God vir jou #2601

Hoop Nogtans · Francois Bredenkamp

January 5, 202618m 54s

Audio is streamed directly from the publisher (content.rss.com) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.

Show Notes

Onthou jy nog die liedjie “Nobody likes me, everybody hates me, I guess I’ll eat worms!”

Die liedjie gee nogal weer hoe baie mense voel. Oor hulself. Hoeveel mense voel niemand is lief vir hulle nie. Hulle voel onwaardig. Hulle kan nie eens dink dat iemand van hulle sal hou nie.

Die evangelie van Jesus Christus vertel ‘n heel ander storie oor ons. Ons is kosbaar in God se oë. Hy kies om ons lief te hê, ten spyte van al ons foute en tekortkominge.

Ek praat vandag met jou oor: ONTDEK – OF HERONTDEK – DIE HART VAN GOD VIR JOU

‘n Pa stap ‘n vertrek binne en sien sy geliefde kind. Die pa se gesig verhelder. Hy glimlag breed. Die kind weet: My pa is bly om my te sien. Want die pa is inderdaad bly om sy kind te sien. Sy gesig sê vir die kind: Ek is so lief vir jou. Jy beteken so baie vir my! Kom hier na my toe. Ek het jou só gemis! Jy is vir my so spesiaal.

Dit is die prentjie wat opgeroep word deur die woorde in die bekende priesterlike seën opgeteken in Numeri 6:25 AFR1953: die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees..

Ons mis die trefkrag in die meeste vertalings. Dis moeilik om die volle Hebreeuse betekenis te verwoord in ‘n ander taal.

Die New Living Translation kom naby. May the Lord smile on you and be gracious to you.

Dis God se hart vir jou. Ek deel graag ‘n paar gedagtes hieroor met jou.