PLAY PODCASTS
Die Verlore Seun  #2602
Season 26 · Episode 2

Die Verlore Seun #2602

Hoop Nogtans · Francois Bredenkamp

January 20, 202623m 46s

Audio is streamed directly from the publisher (content.rss.com) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.

Show Notes

Aljazeera berig op 21 Julie 2025 uit Palkistan dat die owerhede minstens 13 mense, insluitende ‘n stamleier, in hegtenis geneem het op wat as ‘n eerwraakmoord (“honour killing”) beskou word. Bano Bibi en haar man Ehsan Ullah is vermoor as wraak omdat hulle getrou het teen die wense van hulle familie. Hulle het daardeur skande oor die familienaam gebring.

Daar is in 2024 landswyd in Pakistan 547 eerwraakmoorde aangemeld, en baie word nooit aangemeld nie, met slegs een skuldigbevinding gelei het.

Wat ons hier kry, is ‘n voorbeeld van hoe sterk die eer van die familienaam vir mense in hierdie lande is. Die eer van die familie word belangriker beskou as die individu se vryheid om te kies. As jy iets doen wat skandalig is en oneer bring vir jou familie, glo hulle jy verdien om doodgemaak te word.

Om die volle impak van die Here Jesus storie oor die verlore seun in Lukas 15 te verstaan, moet ons besef dat die eer van ‘n vader baie hoog aangeslaan is. Wat die jong man in die storie doen, sou in ander lande met die dood gestraf word, selfs vandag nog.

Kom besin gerus saam met my oor Lukas 15:12-24.

https://www.bible.com/bible/117/LUK.5.12-24

https://www.facebook.com/francois.bredenkamp

https://www.youtube.com/@HoopNogtans