
Dawid vra om nuutgemaak te word
Hoop Nogtans · Francois Bredenkamp
Audio is streamed directly from the publisher (content.rss.com) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.
Show Notes
Die kerkvader Augustinus het as jongman sy rug op die Christelike geloof gedraai en homself oorgegee aan ‘n sondige lewenstyl. Hy kom kragdadig tot bekering, en sy hele lewe verander. Hy keer terug na sy tuisdorp in Noord-Afrika, en een van sy vorige meisies roep uit, “Augustinus! Dit is ek!” Hy draai na haar en antwoord, “Maar dit is nie ek nie!” Met ander woorde, hierdie man is ‘n nuwe mens. Toe ek Jesus as Verlosser ontmoet het, het alles verander. God het my nuutgemaak.
As ons die tweede deel van psalm 51 lees, dan sien ons dat Dawid se grootste begeerte is dat God hom totaal en al sal verander; hy vra om nuutgemaak te word.
12Skep vir my ’n rein hart, o God.
As Dawid vra vir ‘n nuwe hart, dan bedoel hy die mens wat hy regtig is, sy diepste wese, moet nuutgemaak word.
Hy is baie dankbaar vir die vergifnis van sy sonde, en hy wil nie terugval in sonde nie. Hy bid om ‘n innerlike transformasie. Ek deel graag ‘n paar gedagtes hieroor.