PLAY PODCASTS
As Job maar geweet het van Jesus. Deel II
Season 26 · Episode 7

As Job maar geweet het van Jesus. Deel II

Hoop Nogtans · Francois Bredenkamp

March 14, 202623m 51s

Audio is streamed directly from the publisher (content.rss.com) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.

Show Notes

Aaron Beck het baanbrekerswerk gedoen om depressie te verstaan en te behandel. Hy identifiseer dat iemand met depressie drie negatiewe sienings het:

1. Negatiewe siening van hulself

’n Persoon begin glo daar is iets fout met hulself.

2. Negatiewe siening van die wêreld (omstandighede)

Die persoon begin die lewe en sy omgewing sien as onregverdig, oorweldigend of onmoontlik.

3. Negatiewe siening van die toekoms

Die persoon glo dinge sal nooit verbeter nie.

’n Eenvoudige manier om dit op te som:

Depressie groei dikwels uit drie pynlike oortuigings: “Ek is sleg, die lewe is sleg, en die toekoms gaan sleg wees.”

Wanneer ons luister hoe Job praat in Job 16 en 17, kan ons verstaan dat sy gemoed baie laag moet wees. Kyk gerus saam met my hoe hy dink oor homself, hoe hy dink oor sy omstandighede, en hoe hy dink oor sy toekoms. Dit gaan ons bring waar ons verlede week was: As Job maar geweet het van Jesus. Deel II hierdie keer.