
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit.
JacPod
Show overview
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe has been publishing since 2022, and across the 4 years since has built a catalogue of 34 episodes. That works out to roughly 25 hours of audio in total. Releases follow a roughly quarterly cadence.
Episodes typically run thirty-five to sixty minutes — most land between 32 min and 52 min — though episode length varies meaningfully from one episode to the next. None of the episodes are flagged explicit by the publisher. It is catalogued as a AF-language True Crime show.
The show is actively publishing — the most recent episode landed 1 months ago, with 9 episodes already out so far this year. Published by JacPod.
From the publisher
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware intrigues agter van Suid-Afrika se mees berugte en skokkende misdade ooit. In dié veel bekroonde potgooi, vertel Jacaranda FM se Gerda de Sousa die stories agter ware misdaad verhale regoor die land. Seisoen 4 sluit ook 'n episode in waar die moord se tentakels gestrek het tot in naburige Botswana. True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is nagevors, geskryf en vervaardig deur Nicole Engelbrecht vir haar gewilde True Crime South Africa reeks. Sy is ook die skepper van die gewilde I Lived Through This potgooi-reeks. Nicole is die skrywer van vier ware misdaad boeke, insluitende die jongte Bare Bones: Cold Cases from True Crime South Africa (gepubliseer in Afrikaans as Klipkoud). Nicole werk ook met TV produksie maatskappye saam om te help met die navorsing en skepping van ware misdaad dokumentêre reekse. Toekennings vir True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: * Top 10 Potgooi reekse vir 2025 op Spotify South Africa * Brons toekenning by die 2025 Bookmark Awards * Top 5 Episodes op Spotify in 2024 * Silver toekenning in die Misdaad Kategorie by die 2024 South African * Podcasters Guild Toekennings * Goue toekenning by die 2023 New Generation Awards * Brons toekenning by die 2023 Bookmark Awards * Top 5 potgooi reekse op Spotify 2022 Meer oor True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe: True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe vertel die ware verhale van opgeloste en onopgeloste misdade. Dis een van die enigste misdaad potgooi reekse wat nie net fokus op die misdaad self nie, maar spesifiek ook op die slagoffers. Van die episodes strek meer as ’n eeu terug, terwyl daar in ander geluister kan word oor ’n meer onlangse verhaal wat Suid-Afrika tot stilstand geruk het. Luister by jacarandafm.com of op Spotify en Apple Podcasts!
Latest Episodes
View all 34 episodesShaun Oosthuizen se meester misdaadplan teen bejaarde vroue
Die Springs haarkapper wat jong meisies na verderf gelok het
André Klynsmith se aftreeplanne eindig in sy tragiese moord
Die berugte Station Strangler reeks moordenaar

Die Ponzi-slenter van Craig Warriner
Die BHI Trust het in 2023 soos ’n huis van kaarte inmekaar getuimel en ’n Ponzi-skema aan die lig gebring waarin meeste van die beleggers alles verloor het. Craig Warriner is eens beskou as ’n gerespekteerde en betroubare belegger wat vir jare lank die geld van miljoenêrs, sowel as gewone Suid-Afrikaners, belê en help groei het. Dit het alles verander een oggend in Oktober 2023 toe die beleggingsballon gebars en die slenter aan die lig gekom het. Derduisende mense se maandelikse dividende het deel geblyk te wees van dié reuse misdaad en hulle lewens en toekoms is vir ewig deur die BHI Trust geraak. Webpage · Find more from JacPod

Die Matjane-gesinsmoorde en die hofsaak oor die impak van alledaagse pynpille
Dit was 'n middag in April 2015 toe 'n verhaal oor kindermoorde ontvou het, soos wat nog nooit vantevore in Suid-Afrikaanse howe gesien is nie. Rehithile Matjane het aangevoer dat 'n kombinasie van alledaagse pille en medikasie daartoe gelei het dat sy haar twee jong seuns koelbloedig na skool in Hammanskraal dood geskiet het. Van hierdie pille was vir erge kopsere en maagkrampe. Of was haar motief dalk baie meer voor die hand liggend? Webpage · Find more from JacPod

Die Moord op Ria Womarans in Botswana
Tienie en Ria Wolmarans het in die 1990s besluit om Botswana toe te trek na die Phakalane buurt in die hoofstad Gaberone, wat hulle gehoor het veiliger was as in Suid-Afrika. Daar was goeie skole, werks geleenthede en ’n goed gevestigde Suid-Afrikaanse gemeenskap. Min het Ria egter geweet dat hierdie hervestiging haar lewe sou kos, en ook daartoe lei dat ’n Suid-Afrikaners in Botswana tereg gestel sou word. Webpage · Find more from JacPod

Die moord op Taliep Petersen
Die eerste episode van Seisoen 4 vertel die storie oor die moord op een van die land se helderste sterre, Taliep Petersen. Taliep Petersen kon gehore betower en saam meesleur met sy lirieke en musiek, maar is op die mees gewelddadige van maniere op Nasionale Dag van Versoening vermoor. Sy moord op 16 Desember 2006 was nie net ’n geweldsmisdaad nie, dit was ’n daad van die hoogsteverraad. Webpage · Find more from JacPod

Seisoen 4 vertel misdaad verhale waarvan jy moontlik nog nooit gehoor het nie
Die nuwe seisoen van dié bekroonde potgooi is terug met agt weeklikse episodes oor van Suid-Afirka se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 4 strek van Botswana, met ’n moord in ’n buurt vol Suid-Afrikaners, deur Mpumalanga, Gauteng en tot in die Wes-Kaap. Luister weekliks van 17 Maart 2026! Volg die potgooi of teken in sodat jy nie nuwe episodes mis nie! Webpage · Find more from JacPod

Die Kroonstad Spoor Ramp
Suid-Afrika is in Januarie 2018 geskud deur ’n gru spoor ramp toe ’n Shosholoza Meyl passasiers trein en ’n trok buite Kroonstad gebots het. Chaos het op die toneel uitgebreek sowat 10 minute na die ongeluk toe passasiers besef het hulle is vas gekeer in van die brandende waens – waarvan die deure geseël was. Die passasiers trein was besig om vakansie gangers terug te ry huis toe na die Desember vakansie en die ongeluk het opslae gemaak regoor die wêreld. Hierdie is die laaste episode van die huidige seisoen. Webpage · Find more from JacPod

Die reeks moordenaar, Sipho Thwala
Sipho Thwala het op ’n heuwel gesit en uitkyk oor die suiker riet plantasies, en probeer onthou waar die liggame is van die vroue wat hy reeds vermoor het. Thwala het een van Suid-Afrika se mees berugte reeks moordenaars geword en KwaZoeloe-Natal se lowerige groen suiker riet plantasies in 1996 en 1997 gebruik as sy eie slagveld. Hy het die polisie laat kopkrap, totdat dit aan die lig gekom het dat een vrou uit sy kloue ontsnap het en Thwala kon uitken ….. Webpage · Find more from JacPod

Die moord op Gabriela Kabrins Alban
Die poskaart mooi Kampsbaai in Kaapstad was in 2015 in die wêreld se soeklig toe ’n Amerikaanse toeris gru vermoor gekry is in een van die kamers van ’n luukse hotel. Gabriela Kabrins Alban en haar kêrel van Guatamala was in Suid-Afrika, waar hy behandeling gekry het vir sy dwelm verslawing. Die polisie ondersoek sou in eienaardige rigtings gaan van alternatiewe medisyne, hallusinerings en die moontlike betrokkenheid van ’n berugte internasionale bende. Dit als gemeng met miljarde rande se familie trust fondse ……. Webpage · Find more from JacPod

Die moord op Isaac Miggels
Die 8-jarige Isaac Miggels het uitgesien na ’n sorglose Desember vakansie op ’n plaas in die Wes-Kaap, maar min het hy sy ouers geweet watter dodelike gevaar vir hom wag. Miggels se ouers het hom plaas toe gestuur om by sy twee ouma’s te gaan kuier, juis omdat hulle nie wou hê hy die hele skool vakansie en Fees Seisoen in die gevaarlike strate van hulle buurt op die Kaapse vlakte moes spandeer nie. ’n Stryery met drie ander jong seuns op die plaas het egter gelei tot ‘n tragedie wat die familie se vakansie planne in ’n dodelik nagmerrie laat ontaard het... Webpage · Find more from JacPod

Die Modimolle Monster
Ina Bonnette het 2012 ingegaan met die hoop dat sy finaal van haar vervreemde man, Johan Kotzé, sou kon skei. Maar Kotze het ’n ander plan in sy kop gehad – hy wou Ina ’n les leer en seker maak haar grootste nagmerrie word bewaarheid. Wat Kotze daardie dag in Januarie in ’n Limpopose dorp aan Ina gedoen het, sou hom ontmasker as die Modimolle Monster. *Hierdie episode het ‘n addisionele waarskuwing vir luisteraars wat sensitief is vir inhoud oor geslags geweld en uiterste geweld teenoor vroue.* Webpage · Find more from JacPod

Die moord op Lucky Dube
Lucky Dube was een van Suid-Afrika se mees gewilde en geliefde sangers toe hy in 2007 dood geskiet is bloot omdat hy in die verkeerde kar gery het op die verkeerde tyd en in die verkeerde Johannesburgse straat. Die 43-jarige Dube het gedoen wat ouers met tieners elke naweek doen – rondry om sy kinders te gaan op- en aflaai. Sy sinnelose moord het die land geskok en die wêreld se fokus geplaas op die verhoor van die bende motor kapers ..... Webpage · Find more from JacPod

Die moord op Jayde Panayiotou
Die oggend van 21 April 2015 was soos enige ander vir Jayde Panayiotou – sy het langs die straat gestaan en wag vir haar vriendin om haar te kom oplaai sodat hulle kon saamry werk toe. Maar binne vyf minute het Jayde spoorloos verdwyn voor die ingang na die kompleks waar sy en haar man gebly het. Min het haar familie en die land geweet dat die man naaste aan Jayde die een sou wees wat haar moord gereël het. Dié episode vertel die ware web van leuens wat aan die lig gekom het toe Christopher Panayiotou vir sy vrou se moord aangekla is ….. Webpage · Find more from JacPod

Die Stander Bende, vertel met Joe Black
Die eerste episode van True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe se Seisoen 3 vertel die verhaal van die Stander Bende en die polisie beampte wat in die 1980s sy vrye tyd gebruik het deur banke te beroof. Die legende van André Stander en sy bende het die hele land – en later selfs tot in Amerika – mense se verbeelding vas gevang. Dis ’n storie waarmee gewilde Afrikaanse sanger, Joe Black, ook in sy huis groot geword het omdat albei sy ouers aan die voorpunt was van misdaad bekamping. In hierdie spesiale episode, leen Joe sy stem om dié ware misdaad verhaal te vertel….. Webpage · Find more from JacPod

Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode
Die nuwe seisoen van dié bekroonde podgooi is terug met weeklikse episodes oor van die land se mees berugte misdaad intriges. Seisoen 3 skop af met ’n spesiale episode waarin bekende sanger Jo Black, help vertel aan die storie oor die Stander Bende. Die ander ware misdaad verhale strek van die Wes-Kaap tot in Modimolle in Limpopo. Luister weekliks van 11 Maart 2025! Webpage · Find more from JacPod

Vrou, Ma, Reeksmoordenaar – Daisy de Melker
Daisy de Melker was Suid-Afrika se eerste ooit vroue reeks moordenaar. Sy het in die 1920s opspraak gemaak as die vrou wat twee van haar mans en haar eie seun vergiftig het in ‘n tyd toe niemand durf dink het dat ‘n vrou sulke moorde sou kon pleeg nie. Dié episode vertel Daisy se lewens verhaal, hoe dit gekom het dat sy soveel van gif geweet het en wat sy met dié kennis sou doen …… Webpage · Find more from JacPod

Die dwelm duiwel op die skip se dek
In Maart 2021, is een van die grootste dwelm slagte in die land geslaan tydens ‘n klopjag op ‘n skip in Saldanhabaai hawe. Aanboord die Windward, het die polisie nie net afgekom op meer as R500 miljoen se pure kokaïene nie, maar het ook ‘n internasionale misdaad groep se dwelm roete oopgekrap. Dié episode vertel oor die saak wat ontvou het van mense handel, dwelm handel en die luukse lewens van ‘n groep buitelanders. Webpage · Find more from JacPod