PLAY PODCASTS
DIE KAPTEIN EN SY VROU en DIE SPOOK VAN TANT LETJIE deur I.D. du Plessis

DIE KAPTEIN EN SY VROU en DIE SPOOK VAN TANT LETJIE deur I.D. du Plessis

Radioteater

December 3, 20201h 9m

Audio is streamed directly from the publisher (traffic.omny.fm) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.

Show Notes

Wanneer laas het jy ‘n goëlstorie gehoor? Die eerste mimidrama is ‘n Russiese periodestuk wat in 1852 in ‘n dorpie buite Moskou afspeel.  Die Kaptein en sy vrou beeld ‘n plattelandse bestaan uit waar goëlery gebruik word om ‘n gesin uit hulle huis te verdryf. Eers word militêre mag gebruik om dit te bestry, en dan word wywater aangewend wanneer die Roomse Priester, Vader Victor, die vertrekke wil reinig. Die tweede minidrama verskuif die toneel na die Oos-Kaapse platteland in 1920. Die Spook van tant Letjie is ‘n perd van ‘n ander kleur. ‘n Jong onderwyser by ‘n plattelandse skool kry huisvesting op ‘n plaas in ‘n huis vol vreemde geluide. Magshebsug en beheer oor ander kom hier ter sprake. Skakel die ligte af en luister in die donker – jy sal nie spyt wees nie, net bang!