
Audio is streamed directly from the publisher (traffic.omny.fm) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.
Show Notes
Eskom hoop om die risiko van beurtkrag op verkiesingsdag te beperk. Bykomende polisielede gaan in gebiede ontplooi word waar die risiko vir politieke geweld tydens die verkiesing groot is. Uitspraak word vandag gelewer in die Pietermaritzburgse Hooggeregshof oor oudpresident Jacob Zuma se aansoek dat die staatsaanklaer, advokaat Billy Downer, aan die saak onttrek word. Eskom sê daar is 'n toename in voorvalle van diefstal van toerusting by kragstasies. Amerika het sy reuse hulppakket opgeskort wat bedoel was vir Soedan se vreedsame oorgang.