
Audio is streamed directly from the publisher (traffic.omny.fm) as published in their RSS feed. Play Podcasts does not host this file. Rights-holders can request removal through the copyright & takedown page.
Show Notes
Die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, sal waarskynlik langer voor die parlement se ad hoc-komitee getuig. Geen tugstappe is tot dusver teen regerings- en weermagamptenare gedoen vir die onreëlmatige aankoop van die St George's Hotel nie. Die Departement van Basiese Onderwys sê alles is gereed vir die matriekeindeksamen, wat vandag begin. Suid-Afrika se hokkiespanne het vir die 2026-wêreldbeker in België gekwalifiseer.