PLAY PODCASTS
Huisgenoot Ware Lewensdramas

Huisgenoot Ware Lewensdramas

26 episodes

Seisoen 2: Die moord van Charl Munnik deur diamantdiewe

Dit was ’n juweeldiefstal soos uit ’n rolprent, maar toe die skote begin klap lei dit tot die dood van ’n geliefde Worcester-juwelier.

Apr 8, 202530 min

Episode 25: Naamgenote, pa en seun, én albei vermoor hul vroue...

Episode 17 ondersoek die saak van Colin Bouwer sr. wat sy vrou in Nieu-Seeland vermoor het. Dié episode vertel die storie van Colin Bouwer jr. wat in Suid-Afrika aangekla is van die moord op sy vrou.

Dec 18, 202328 min

Episode 24: Die tragiese dood van die bokskampioen Leighandre "Baby Lee" Jegels

Op 25 was Leighandre "Baby Lee" Jegels 'n karate- en bokskampioen. Sy het ook in haar studies uitgeblink. Die donkerkopvrou het die wêreld aan haar voete gehad, tot haar lewe skielik kortgeknip is deur haar eks-kêrel – ’n polisieman.

Dec 11, 202332 min

Episode 23: Phoenix Racing Cloud Theron vermoor haar ma

Selfs in die warboel van tiener-emosies, liefdesdriehoeke en gerugte van verwaarlosing in haar ouerhuis, is dit moeilik om te glo dat Phoenix Theron die gevolgtrekking kon maak dat moord op haar ma die enigste uitweg is.

Dec 4, 202334 min

Episode 22: Die wrede kindermoord van Poppie van der Merwe

Toe die 3-jarige Poppie van der Merwe ná maande se marteling en mishandeling deur haar stiefpa doodgeskop is, was die vraag op almal se lippe: Hoekom het haar ma haar nie beskerm nie?

Nov 24, 202331 min

Die Podcast – Episode 21: Die bylmoord van Sonia Schwarz

Het Dave Schwarz se traumatiese grootwordjare daartoe bygedra om hom in Oktober 1997 oor die rand te dryf toe hy vir Sonia, sy vrou en die ma van sy twee kinders, doodgemaak het?

Nov 20, 202331 min

Episode 20: Die moord op kankerlyer Debbie Venter

In Junie 2020 is ’n soektog van stapel gestuur na Debbie Venter nadat sy vermis geraak het. ’n Maand later word haar halfsuster en swaer vir haar moord in hegtenis geneem.

Nov 9, 202336 min

Episode 19: Amanda du Toit vermoor haar suster

Hulle sê bloed is dikker as water, maar toe Amanda du Toit se jaloesie en wrywing teenoor haar uitblinker-sibbe begin oorkook, neem sy ’n drastiese stap wat haar eie lewe onherroeplik verander en haar suster se lewe in ’n oogwink kortknip.

Nov 6, 202332 min

Episode 18: Huurmoord op Pofadder

Daar was gerugte van buite-egtelike verhoudings, mishandeling en wilde partytjies. Maar ná Suretha Brits bieg dat sy agter die huurmoord op haar man, Leon, sit, word die tragedie by die dag meer ingewikkeld.

Oct 26, 202333 min

Episode 17: Colin Bouwer sr. probeer ‘die perfekte moord’ pleeg

Colin Bouwer se loopbaan as psigiater was op dreef ná hy Nieu-Seeland toe verhuis het. Sy vrou, Anette, sterf in 2000. Maar kort voor haar doodsertifikaat uitgereik word, kry ’n internis snuf in die neus . . .

Oct 19, 202330 min

Episode 16: Die ‘teregstelling’ van Brett Goldin en Richard Bloom

Die een was ’n gevierde jong akteur, die ander ’n belowende jong ontwerper. Ons herbesoek die dubbele moord van twee vriende, Brett Goldin en Richard Bloom.

Oct 16, 202331 min

Episode 15: Die tragedie en wonderwerk van ’n longoorplanting

Nadat een ma se seun dood is, het ’n ander ma se seun sy longe ontvang. Nou deel die twee ma’s hul lief en leed as hegte vriendinne.

Oct 6, 202333 min

Episode 14: Die saak van Jannie Beukes

Toe Jannie Beukes en sy vrou, Helga, se huwelik op die rotste loop, het Jannie een Saterdagmiddag besluit dat daar vir hom en sy kinders net een uitweg is. In dié episode ondersoek ons die moontlike redes en motiewe wat iemand na die ondankbare kan dryf.

Oct 1, 202328 min

Episode 13: Terreur in Palma

Vroeg in 2021 het ekstremiste op Palma toegeslaan en die lewens van verskeie Suid-Afrikaners is in ‘n oogwink handomkeer verander.

Sep 21, 202329 min

Episode 12: Die sluipmoord van Anton Lubowski

Op 12 September 1989 is die apartheidsaktivis en menseregte-advokaat Anton Lubowski in ’n sluipmoordaanval dood. Meer as 30 jaar later is die familie se vrae nog onbeantwoord.

Sep 18, 202332 min

Episode 11: Die Sizzlers-slagting

Een aand in Januarie 2003 het twee mans by ’n masseersalon in Seepunt, Kaapstad, ingestorm en nege mans koelbloedig vermoor. Ons herbesoek een van die grusaamste misdade in Suid-Afrika.

Sep 11, 202329 min

Episode 10: Die raaiselagtige sterftes in ’n Pretoria-spoghuis

Drie kollegas van ’n bekende eiendomsmaatskappy in Pretoria se lyke is een Apriloggend in 2021 in ’n luukse huis in Menlopark aangetref. Die raaiselagtige omstandighede het mense laat gons oor die oorsaak van hul dood.

Sep 4, 202331 min

Episode 9: Die Sondagverkragter

Jaco Steyn het tussen 2008 en 2011 ’n skrikbewind in Gauteng en Noordwes gevoer deur meisies te ontvoer en te verkrag.

Aug 28, 202329 min

Episode 8: Die Knysna-brand

Die inferno wat in 2017 wyd verwoesting in en rondom Knysna gesaai het, word as een van die grootste veldbrandrampe in Suid-Afrika se geskiedenis beskryf.

Aug 21, 202330 min

Episode 7: Die moord op Anni Dewani

Die beweerde mislukte kaping wat die lewe van die pragtige bruid in Suid-Afrika geëis het, het skokgolwe wêreldwyd laat eggo. Vingers het na haar Britse bruidegom gewys as die meesterbrein agter die moord, maar dit is nooit bewys nie. Wie sou so iets aan die pragtige Anni Dewani wou doen?

Aug 14, 202331 min

Episode 6: Die saak van Retief Liebenberg

Ná 'n onderonsie by hul huis in Benoni skiet Retief Liebenberg uit selfverdediging sy dogter se kêrel en dié se pa dood.

Aug 7, 202331 min

Episode 5: Die verhaal van Manda Reyneke en Deon Helberg

Sy was die ouer vrou met ’n obsessie – toe probeer sy die jong rugbyspeler uit die weg ruim.

Jul 31, 202331 min

Episode 4: Die Laingsburg-vloed

Op 25 Januarie 1981 het vloedwater feitlik die hele Laingsburg in puin gelê.

Jul 24, 202331 min

Episode 3: Die saak van Flippie Venter

Flippie Venter het die ondenkbare gedoen: hy het sy twee jong kinders met 'n R4-aanvalsgeweer afgemaai.

Jul 17, 202329 min

Episode 2: Die tsoenami in Oos-Asië

Duisende het gesterf en derduisende lewens is ingrypend verander toe 'n tsoenami op 26 Desember 2004 Thailand getref het.

Jul 10, 202330 min

Episode 1: Die moord op Marike de Klerk

Kort voor middernag Sondag 2 Desember 2001 stuur Marike de Klerk ’n faks aan ’n vriendin. Dit sou haar laaste boodskap wees . . ,

Jul 3, 202331 min